Toska groet Tolbos na 28 jaar

2016-05-19 06:00
Toska Joubert groet Tolbos in Patensie na amper drie dekades aan die einde van vandeesmaand. Tolbos word vanaf 1 Junie deur mede-eienaar Hetsie Scheepers en haar dogter, Karen, oorgeneem.                Foto: MONIQUE BASSON

Toska Joubert groet Tolbos in Patensie na amper drie dekades aan die einde van vandeesmaand. Tolbos word vanaf 1 Junie deur mede-eienaar Hetsie Scheepers en haar dogter, Karen, oorgeneem. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOOS vars skons en tuisgemaakte konfyt is Toska Joubert sinoniem met Tolbos, die gewilde padstal in die hartjie van die Gamtoosvallei - die broodmandjie van die Oos-Kaap.

Nou, na 28 jaar se lief en leed en talle uitdagings, groet mede-eienaar Toska (60) vir Tolbos - een van die moeilikste besluite van haar lewe.

Vennoot Hetsie Scheepers en haar dogter, Karen, sal van 1 Junie die leisels oorneem van dié padstal langs die R331 in Patensie wat Joubert en Scheepers in 1988 as ’n kuns- en kunsvlytwinkel begin het. Tolbos het gou tee en botterbroodjies voorgesit en varsgebakte brood aan boervroue verkoop. Die plekkie het blitsig ‘n befaamde plaasstal en restaurant geword.

Volgens Joubert was die verkoop van Tolbos nie ’n skielike óf maklike besluit nie. “Ek speel al ’n geruime tyd met die gedagte. Ek is net bly dat die winkel wat my baie na aan die hart lê, nie in vreemde hande beland nie,” sê sy.

Joubert vertel dit gaan vreemd wees om nie meer douvoordag uit die bed te spring en vroegoggend by Tolbos te wees nie. “Dit gaan ’n groot aanpassing wees - dit is ’n ‘moewiese’ kopding. Ek het byna die helfte van my lewe aan die winkel gewy.”

Vir Joubert gaan dit wat sy die meeste geniet het, ook die grootste gemis wees - die interaksie met die groot verskeidenheid van mense wat hulle daagliks besoek het.

Joubert sê sy gaan haar vir die eerste ses maande nie aan iets spesifiek verbind nie.

Maar sy gaan beslis nie stilsit nie, daarvoor is sy nog hopeloos te jonk en vol energie. Op haar doen-lysie is staptogte, fietsry, gholf en kuiers by haar kinders en kleinkinders.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.