Tree aan vir ‘Amazing Race’

2016-05-19 06:00

OP jul merke . . .

Kom hardloop, stap, rol, ry, gly of stoot saam in dié heel eerste prettige kwekery-wedloop. Die enigste reël: jou vervoermiddel mag nie ’n enjin hê nie. Hetsy jy nou tone klap, jou sussie se pienk fiets nader trek of die ongelyke pad en klippertjies op vier wiele aanpak. Hier gaan dit oor manne- en vroue-krag, flinkdink en hope (soms letterlik ook) pret.

Gamtoos-kwekery in Patensie bied op 4 Junie hul eerste Amazing Race aan ten bate van die Laerskool Gamtoosvallei. Die wedloop is oop vir alle voor- en laerskoolleerders. Laerskoolleerders sal ’n 5km-roete deur die kwekery en boorde aanpak, terwyl diegene in gr R en jonger ’n korter roete by die kwekery self sal voltooi.

Volgens organiseerder Hildie du Preez, gaan die wedloop nie oor wie eerste oor die eindstreep skarrel nie, maar oor die deelnemer wat die meeste punte tydens die 10 verskillende aktiwiteite op die roete by-mekaarmaak.

Die deelnemers van die 5km-roete spring weg by Sak-kiesdorp, volg die pad na Rondomtalie en hardloop ’n draai om die kwekery voor hul algemene kennis ‘op die spel geplaas word’. Vandaar is dit in volle vaart na die Pomphuis, die Bone Yard en die Spookhuis voor hulle die eindstreep oorsteek.

Die roete is egter besaai met hindernisse. Deelne-mers sal hulle moet reghou vir boeresport met ’n kwekery-kinkel, ’n vreeslike geklim, lekkerspoeg en groot skrik. En moenie vergeet jou ‘poker’-gesig saam te bring nie.

Die Amazing Race sal nie net die deelnemers betrek nie, maar toeskouers ook vermaak. Daar sal volop kosstalletjies en vermaak wees.

Inskrywings kos R50 per deelnemer en is by die Laerskool Gamtoosvallei beskikbaar. Elke deelnemer sal ’n geskenkpakkie en medalje ontvang. Inskrywings kan ook op die dag gedoen word, maar diegene wat dan eers inskryf, sal ongelukkig nie ’n geskenkpak of medalje ontvang nie.

Die Amazing Race vind op 4 Junie om 09:00 by Gamtoos-kwekery in Patensie plaas. Skakel die Laerskool Gamtoosvallei by 042 283 0246.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.