Tuin weerspieël tuinier-siel

2017-01-26 06:01
Krappie Nel (72) se tuin in Wavecrest, Jeffreysbaai is ’n hartstuin.    Foto: MONIQUE BASSON

Krappie Nel (72) se tuin in Wavecrest, Jeffreysbaai is ’n hartstuin. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KRAPPIE Nel (72) se tuin in Wavecrest, Jeffreysbaai is ’n hartstuin.

’n Tuin wat die afgelope drie jaar ontwikkel het uit haar passie vir tuinmaak en liefde vir plante - al ken sy nie een plant by die naam nie.

Toe hulle ’n paar jaar gelede hul huis, wat op die oop stuk grond in Firethornstraat uitkyk, gekoop het, het sy dadelik geweet dié oorgroeide erf kort blomme en bome - en baie daarvan. Destyds was daar net lang gras en bosse - ’n broeiplek vir bosslapers en bosluise.

Na sy die nodige toestemming van die Kouga-munisipaliteit verkry het, het sy in alle erns begin tuinmaak. Vasbeslote om ’n mooi tuin te hê, het sy die oop stuk grond van ’n kant af begin skoonmaak en verskeie blomme, struike en bome begin plant. Meeste van die plante is deur inwoners aan haar geskenk.

“Ek is baie lief vir tuinmaak, maar moet nie vir my vra wat ’n plant se naam is nie. Ek plant wat vir my mooi is,” sê sy laggend.

“Ek vind ontvlugting in tuinmaak.”

Sy sny self die gras en dra tussen 20 en 30 gieters vol water aan om die plante en bome nat te maak.

Volgens Nel, sukkel dit maar op die oomblik met die droogte en lyk haar tuin nie op sy beste nie.

Krappie se tuin is ’n skatkis wat besoekers bietjie vir bietjie kan ontdek voordat hulle in ’n koel hoekie van die tuin ontspan en hierdie stukkie paradys behoorlik indrink.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.