Tuis tussen die feetjies

2016-11-24 06:02
Jare na Elmarie Fourie (50) se ‘feetjie-maatjie’ haar verlaat het om ander kinderhartjies te verbly, omring sy haarself met feetjies van klei wat sy maak en verkoop         Foto’s: MONIQUE BASSON

Jare na Elmarie Fourie (50) se ‘feetjie-maatjie’ haar verlaat het om ander kinderhartjies te verbly, omring sy haarself met feetjies van klei wat sy maak en verkoop Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR is woudfeetjies, feetjies wat kindertandjies versamel, baba-feetjies, dié wat lente aankondig, op die dui-ne baljaar en in die tuin dans . .

’n Feetjie in ’n boom se mik sit breëmond en glimlag. Ander knipoog ewe guitig op paddastoele of hang aan ragfyn draadjies, vertel Elmarie Fourie (50) van haar wonderwêreld waar tuinbewonertjies van klei tussen digte blomme en bosse skuil.

Ja, sy glo aan feetjies, beken sy, al is dit net in háár fantasiewêreld.

Haar blink oë kyk liefdevol oor haar “feetjiepaleis” by Fountains Mall in Jeffreysbaai.

Daar is feetjies net waar jy kyk. Die woudfeetjie sit toegewikkel in varingblare, die somerfeetjie bak in die son, die baba-feetjie lê knus in haar dop-wiegie en lentefeetjies kondig uitbundig ’n nuwe lewe aan.

“Dit was my nog nie beskore om, terwyl ek wakker is, feetjies te sien nie, maar dit beteken nie ek probéér hulle nie sien nie. Ek weet ek gaan nog eendag feetjies sien . . . as ek mooi luister kan ek hulle hoor lag . . .”

Elmarie se groot liefde vir feetjies het as negejarige vlerke gekry toe haar ouma vir haar ’n outydse prent van feetjies en hul kasteel gegee het. ’n Nuwe wonderwêreld het vir haar oopgegaan. Van daardie dag af is dit haar groot droom om ’n feetjie te sien. Sy het wel al baie naby daaraan gekom - haar denkbeeldige vriend as kind was ’n klein feetjie met klokkies aan haar gepunte skoene.

Vandag, jare na haar feetjie-maatjie haar verlaat het om ander kinderhartjies te verbly, omring sy haarself met feetjies van klei wat sy self maak en verkoop.

Sy onderbreek ons gesprek om ’n feetjie-liefhebber te help . . . Stemme word sagter, glimlagte breër en oë glinster.

Teruggevoer na haar kommervrye kinderdae toe sy en haar maatjies in feetjies geglo en elke wilde paddastoel wat oornag op die grasperk opgeslaan het, vir hulle ’n feetjiehuisie was, vertel sy hoe háár feetjies gestalte kry.

Die tasbare feetjies word handgemaak is elkeen ’n unieke kunswerk.

Haar feetjies se oë word onder ’n vergrootglas met ’n baie fyn kwas gemaak.

“Kyk, die een se ogies is groter. Die een, die bosnimf het spitsoortjies. Wag . . . die een is my gunsteling . . . kyk net die mooi kleure en die veertjies. Die een glimlag . . . Die babafeetjies het hul eie neutedop waarin hulle veilig kan bly tot hul vlerkies uitkom. En hier is ’n Jeffreysbaai-feetjie.

“Al my feetjies bly in ’n groen woud waar daar net goedheid en liefde is.”

Haar passie straal uit elke woord en gebaar.

Behalwe vir die feetjies is daar verskillende feetjiehuise- en -meubels. Daar is selfs ’n toilet met ’n spieël en wasbak, asook ’n spesiale boks waarin klein kinders hul tande vir die tande-fee kan sit.

Haar inspirasie kom van die alledaagse dinge rondom haar - of dit iemand se mooi skoene is, ’n vriendelike glimlag of ’n uitspattige rok - en die natuur.

Sy hou daarvan om met stompe en droë sade te werk met die versiering van die feetjiehuise.

“Mense, wat nie aan feetjies glo nie, mis uit op ’n lieflike deel van die lewe. Mense wat aan hulle glo, het die vermoë om skoonheid en prag raak te sien en hulle is oop vir ongelooflike ervarings in hulle lewe.”

Elmarie glo dit is nodig om fantasië uit te leef, want dit help jou om gebalanseerd te bly in ’n wêreld wat soms net te werklik kan raak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.