Tydelike strukture kom ná brand

2016-12-01 06:00
Die restaurant en winkel van die Tsitsikamma Nasionale Park is Vrydagaand deur ’n brand in puin gelê.                                                  Foto: HENK DE VOS

Die restaurant en winkel van die Tsitsikamma Nasionale Park is Vrydagaand deur ’n brand in puin gelê. Foto: HENK DE VOS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE restaurant en winkel in die Tsitsikamma Nasionale Park wat deur ’n brand verwoes is, gaan deur tydelike strukture vervang word.

William Mabasa, kommunikasiehoof van Sanparke, sê dié brand Vrydag in die park by die Stormsriviermond is ’n groot slag – veral so kort voor die somervakansie.

Maar Sanparke sal vinnig ’n plan maak om ’n tydelike re­staurant en winkel daar te stel omdat hulle nie sal toelaat dat vakansiegangers in die somervakansie en veral Kersfees en Nuwejaar sonder dié geriewe sit nie.

“Hoewel die tydelike geriewe nie teen môre of oormôre gereed sal wees nie, sal ons so gou moontlik daarmee begin.”

Volgens Mabasa is dit nie seker wat die brand veroorsaak het nie. “Die brand het in die kombuis van die Cattle Baron-restaurant ontstaan. Die ondersoek is nog aan die gang.”

Dit nog nie moontlik om die omvang van die skade te bereken nie.

Mabasa sê dat die restaurant en die parkwinkel afgebrand het, is ’n baie groot verlies aan inkomste vir Sanparke.

Hulle is wel verlig dat daar geen skade aan geriewe soos die oornaghutte of kampeerplekke is nie.

Nandi Mgwadlamba, ’n werknemer van Sanparke, het op haar Facebook-blad geskryf die Stormsrivier-ruskamp is oop.

“Die brand in die Tsitsikamma-park het in die kombuis van die restaurant uitgebreek en die restaurant en winkel het heeltemal afgebrand. Die res van die kamp is oop en veilig. ’n Helikopter waarmee brande geblus word, het betyds gekeer dat die brand na die woude versprei.

“Niemand is beseer nie.”

Sy sê ook dat besoekers aan die park voortgaan om hul verblyf te geniet. Die hengelgeriewe is steeds toeganklik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.