Uitspraak oor paaie verwelkom

2017-03-09 11:44
: Henni Britz.Foto: VERSKAF

: Henni Britz.Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE DA in die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit verwelkom die uitspraak deur die hooggeregshof op Grahamstad waarin Agri Oos-Kaap sy hofstryd oor slegte paaie gewen het.

Agri Oos-Kaap het ’n hofstryd van sowat twee jaar met die provinsiale departement van paaie en openbare werke oor die herstel en instandhouding van paaie gevoer.

Die hof het gelas dat die departement onmiddellik kontrakteurs vir die herstel van paaie aanwys.

Waar die departement nie die werk doen soos in die hofbevel vervat nie, kan boere dit self doen en die koste van die departement verhaal.

Henni Britz van die DA sê die distriksmunisipaliteit bestaan grotendeels uit landelike gebiede waar die landbou die ruggraat van die plaaslike ekonomie vorm.

“Die instandhouding van grondpaaie in hierdie distrik het oor ’n tydperk van meer as 20 jaar tot ’n skokkende toestand van ondiensbaarheid verval, in so ’n mate dat boere en boerderygemeenskappe self moet inspring en die paaie op hul eie koste in ’n bruikbare toestand moet hou.”

Volgens Britz is die feit dat meer as R25 miljard benodig word vir noodsaaklike instandhouding- en herstelwerk aan die padnetwerk in die Oos-Kaap ’n aanduiding van die omvang van die agteruitgang en verval onder die ANC se bewind.

“Nie net beïnvloed die swak toestand van paaie in die Oos-Kaap, en die Sarah Baartman-distrik in die besonder, die landbou nie, maar dit benadeel ook die plaaslike toerismebedryf. Talle toeristeaantreklikhede en -bestemmings is byna ontoeganklik vir toe-riste,” sê Britz.

Hy meen die plig rus op die Oos-Kaapse provinsiale regering om die regte ekonomiese klimaat te skep waar werkgeleenthede geskep kan word en die boerderygemeenskap ondersteun word deur onder meer die padinfrastruktuur van die landbou- en toerismesektore behoorlik in stand te hou.

“Waar die provinsiale regering misluk in die uitvoering van hul instandhoudingsplig, moet die LUR vir vervoer en openbare werke en sy direkteur-generaal persoonlik aanspreeklik gehou word vir die koste daarvan in ooreenstemming met die hooggeregshof se uitspraak.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.