Vandale teiken skole

2016-12-01 06:00
Verskeie vensters by die nuwe gebou van King’s College in Ocean View, Jeffreysbaai met klippe en bakstene stukkend gegooi.                                                                                   Foto: VERSKAF

Verskeie vensters by die nuwe gebou van King’s College in Ocean View, Jeffreysbaai met klippe en bakstene stukkend gegooi. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE afgelope drie weke loop verskeie skole van Victory4All in Jeffreysbaai en Humansdorp onder vandale deur.

Eers is die koperpype van die Noah’s Ark Speelskool in Jeffreysbaai gesteel, toe loop die Rainbow Dagsorgsentrum in Humansdorp onder vermoedelik dieselfde booswigte deur. Nie een koperpyp - hoewel wit geverf vir kamoeflering - is oorgesien nie. Verskeie heinings het ook in die slag gebly.

Die vandale het glo die heinings stukkend gesny om toegang tot die twee skole te verkry.

Hierna is vensters by die nuwe gebou van King’s College in Ocean View, Jeffreysbaai met klippe en bakstene stukkend gegooi. Verskeie plastiekwaterpype vir die toilete en wasbakke is afgebreek en op die grond gegooi.

Johan Vos van Victory4All sê die skade beloop etlike duisende Rand. Hulle vermoed dat mense van die gemeenskap vir die skade verantwoordelik is.

Hy is veral bekommerd oor die feit dat die nuwe laerskoolgebou wat tans in aanbouing is, onder die vandale deurgeloop het.

“Die vandale het hul kans goed afgewag en verlede Sondagoggend toegeslaan, onderwyl ons in die kerk was,” sê Vos.

“Ons gaan beslis die sekuriteit verskerp. Wagte sal die skool 24/7 patrolleer. Die heining rondom die skool is ook amper klaar.”

Die nuwe King’s College skoolgebou bestaan uit 22 klaskamers, ablusiegeriewe, ’n saal en ’n administrasieblok. Die eerste fase - 11 klaskamers en ablusiegeriewe - sal binne die volgende vyf maande voltooi wees. King’s College-leerders, wat tans ’n saal in Tokyo Sexwale as skool gebruik, sal dan na die nuwe gebou oorskuif.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.