Verlamde pikkewyn loop weer op sy eie

2016-08-04 06:00
Dié eens verlamde pikkewyn het met behulp van sy spesiaal gemaakte loopraam herstel en kan weer op sy eie beweeg.              Foto: VERSKAF

Dié eens verlamde pikkewyn het met behulp van sy spesiaal gemaakte loopraam herstel en kan weer op sy eie beweeg. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT het ’n spesiale loopraam en drie keer per dag se swemlesse gekos, maar ’n eens verlamde Afrika-pikkewyn kan weer sonder hulp waggel.

Danksy dié pikkewyn se rehabilitasie-suksesverhaal by die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Beskerming van Kusvoëls (Sankub) in St. Francisbaai is besluit om hom ’n permanente inwoner te maak. Die publiek moet nou net help om vir hom ’n naam te gee.

Nada Manengela, Sankub-bemarkingskoördineerder, sê die publiek moet die “unieke storie” van die pikkewyn in gedagte hou wanneer hulle ’n naam voorstel.

Die pikkewyn is in Desember 2015 verlam op ’n strand op Buffelsbaai aangetref en vir rehabilitasie na Sankub gebring.

Juanita Raath, rehabilitasiekoördineerder, sê die pikkewyn het geen sigbare beserings gehad nie en daar is vermoed dat die oorsaak van sy toestand ’n harde stamp teen die kop of ruggraat was.

Raath het fisioterapie op die voël gedoen, wat daagliks drie swemlesse ingesluit het.

Tydens sy reis na beterskap, het hy ook die aandag getrek van plaaslike inwoner Eric Stewart wat ’n paar jaar gelede weens ’n beroerte ook weer moes leer loop.

Die geveerde “hartedief” het die idee van ’n spesiaal-gemaakte loopraam by Stewart laat posvat. ’n Kleuterloopraam met wiele is blitsig omskep om die pikkewyn te help loop.

Binne ’n maand het die pikkewyn tekens van versterkte spiere getoon. Ná etlike maande het hy die loopraam afgeskud en vandag waggel hy plesierig op sy eie rond.

  • Wen ’n prys met die beste naamvoorstel. Stuur voorstelle aan nada@sanccob.co.za. ’n R20-skenking word per voorstel ge-vra.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.