Verslag dui op moontlike risiko’s

2016-12-01 06:00

AS Eskom ’n kernkragaanleg by Thyspunt naby St. Francisbaai bou, kan dié plek in ’n tweede Foekoesjima-ramp ontaard.

Só sê prof. Maarten de Wit, geologiekenner verbonde aan die Nelson Mandela-Universiteit (NMU), in ’n verslag wat hy saamgestel het oor verskeie geologiese kwessies by die be-oogde bouperseel.

De Wit se navorsing, asook die navorsing van twee van sy nagraadse studente, het gewys op talle risiko’s wat die gebied sal inhou as ’n kernkragaanleg daar gebou word. Daarom vergelyk hy dit met die Foekoesjima-aanleg in Japan, waar daar kort ná die tsoenami in 2011 ’n reeks ontploffings plaasgevind het.

“Die een student het ontdek dat die harde gesteentes by Thyspunt 16 m onder seevlak lê, met sand en sagte rotsmateriaal bo-op,” verduidelik De Wit.

“Dit beteken dat hulle tot op die harde rots moet grawe en ontslae raak van al die sand, want hulle sal nie op die sagter oppervlak kan bou nie.

“Aangesien Eskom boonop gebiede met bolae van 10 m tot 20 m as ’n mediumrisikogebied beskou, sal dié inligting reeds uitdagings inhou vir ’n kernkragperseel – en hierdie risiko’s is klein teenoor die ander potensiële risiko’s van tsoenami’s en stygende seevlakke.”

De Wit het in sy navorsing uitgewys dat die seevlak aan die ooskus met 3,6 mm tot 3,8 mm per jaar styg.

“In Nelson Mandelabaai het dit oor die afgelope 36 jaar met nagenoeg 2 mm per jaar gestyg. Oor ’n langer tydperk kan dit teen 2050 met ’n halwe meter styg, en nader aan die einde van ’n moontlike kernkragaanleg by Thys-punt se lewensduur kan dit teen die einde van die eeu met 1 m tot 2 m styg.”

Nog ’n student het bewyse gevind van seismiese aktiwiteite wat duisende jare gelede aardbewings veroorsaak het.

“Ons benodig meer navorsing oor dié aspek om vas te stel hoe gereeld aardbewings in die gebied voorgekom het. Dit kan die analise van risiko’s by Thyspunt verander.”

De Wit was ook besorg oor die valleie by Thyspunt, wat dalk nie die aanleg sal kan be-skerm teen vloede wat deur tsoenami-bran-ders veroorsaak word nie. “Daarom sal dit onverantwoordelik wees om ’n kernkragaanleg daar te bou. Dit kan werklik in nog ’n Foe-koesjima ontaard, met ’n neiging na vloede.”

Eskom het Vrydag in ’n verklaring bevestig dat hy van De Wit se verslag bewus is.

“Die NMU-studies bring nie nuwe data na vore oor die geskiktheid van Thyspunt vir ’n kernkragaanleg nie,” lui die verklaring.

“Die plan was nog altyd om die sandbolaag te verwyder om ’n gelyke horison te skep en die risiko van vervloeiing uit te skakel. Dit is dieselfde benadering wat in die 1970’s by die Koeberg-aanleg gevolg is.”

Intussen het Trudi Malan, voorsitter van Thyspunt Alliance, gevra vir skakeling met Eskom oor De Wit se verslag.

“Ek is dankbaar vir die verslag, want dit is vir ons belangrik dat enige besluit bepaal word deur wetenskap, nie politiek nie,” sê Malan.

Ons wil met Eskom skakel sodat ons so veel as moontlik inligting op die tafel kan hê voordat ’n besluit rondom die aanleg geneem word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.