Viermanskap pak ‘taaiste fietswedren’ aan

2017-08-03 06:00
Gereed om volgende naweek dié taaiste enkelskof ter wêreld aan te pak, is Jeffreysbaai fietsryers Jacques Herselman (42), Andrew Stokker (44), Bennie Jansen van Vuuren (45).                             Foto:MONIQUE BASSON

Gereed om volgende naweek dié taaiste enkelskof ter wêreld aan te pak, is Jeffreysbaai fietsryers Jacques Herselman (42), Andrew Stokker (44), Bennie Jansen van Vuuren (45). Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VASBYT is die wagwoord . . . en sosaties.

Drie plaaslike fietsryers en hul Kaapse spanmaat gaan eersdaags langer as agt ure net trap en trap waar die bobbejaan, buffel en luiperd loer, die likkewaan sy stert klap en die slang sissend groet.

Voeg daarby klippe, moddergate, duiselingswekkende afgronde, beenbreek-opdraendes, histeriese lag, swets, trane, vlermuise en fluitende naguile. En die belangrikste van als: kameraderie.

Nee, dis nie deur die wildtuin nie, maar deur die ongerepte veld van die Baviaanskloof - ’n hele 230km ver oor berg en dal - waar die super-langasems mekaar op 12 en 19 Augustus tydens Ecobound se 24-uur Trans-Baviaans bergfietswedren die stryd sal aansê.

Die Trans-Baviaans is die langste, ononderbroke bergfiets-marathon en begin in Willowmore in die weste, strek deur die Baviaanskloof waar die lappieskombers van die vorstelike berghange jou toevou. Jy ry oor Patensie en eindig in Jeffreysbaai.

Herselman, Stokker, Jansen van Vuuren en Drury

Gereed om volgende naweek dié taaiste enkelskof ter wêreld aan te pak, is Jeffreysbaai-fietsryers Jacques Herselman (42), Andrew Stokker (44), Bennie Jansen van Vuuren (45), en groentjie Russel Drury (44) van Kaapstad.

“Ons ry saam met die pro’s,” sê hulle. “Ons pro. . . .beer.”

Herselman spog met vier Trans-Baviaans wedrenne op sy kerfstok, terwyl Stokker en Jansen van Vuuren onderskeidelik twee en drie wedrenne kafgetrap het. Die onverskrokke manne het in 2013 hul heel eerste Trans-Baviaans as Team JAB aangepak en voltooi.

Sedertdien kan hulle nie genoeg van die ‘marteling’ kry nie.

Dit is die eerste keer dat hul in ’n viermanspan deelneem, maar van knagende senuwees is daar geen teken nie.

Die manne verseker hulle is taai genoeg om al die bulte en bergpieke van die Baviaanskloof sit-sit-so op hul bergfiets te oorleef.

“Ons is fiks en ons koppe is reg vir die wedren,” sê Herselman. “Sukses is 80% in jou kop en 20% harde werk. Ons is gereed om op te klim en te trap.”

Die moeilikste van die wedren?

“Die eerste 110km. Dit is plat en vinnig. Almal ry in ’n groot groep saam en as een fietsryer val, val almal,” sê Herselman. “Die groep gee die pas aan, en dit is eers later wanneer jy van die groep wegbreek dat jy besef jou gô is uit.”

Vir die moegword-probleem is daar ’n eenvoudige oplossing: Herselman gaan die voortou neem, terwyl die ander vashou.

Volgens die spanmaats is dit makliker om in die donker te ry. “Jy sien nie die vreeslike opdraende wat voor jou lê nie, jy fokus net op die kol waar jou lig skyn,” sê Stokker.

Die lekkerste? Die kameradskap, natuurskoon en ’n koue bier na afloop van die wedren.

“Dis juis die besonderse kameraderie en sportmanskap tussen ryers wat ’n mens bybly. Selfs wanneer jou spiere begin moeg raak en jou sitplek effens te hard, is dit hierdie skoonheid wat jou help om uit te hou en aan te hou trap,” sê Herselman.

En om met ander deelnemers skoor te soek, vertel hulle laggend.

Hul mikpunt is om die wedren in minder as 14 ure te voltooi.

Stokker en Jansen van Vuuren skerts: “As Herselman nie al die sosaties by die waterpunte eet nie en ons minder as ’n uur by elkeen spandeer, kan ons voor die wenners oor die einstreep wees.”

Hul raad aan voornemende Trans-Baviaans deelnemers? “Oefen, oefen en oefen. Jy kan nie net op jou fiets klim en begin ry nie. Daarvoor is die afstand te lank. En skryf in sodra die inskrywings open. Die wedren is binne minute vol bespreek.”

Roete

Net so 4km uit Willowmore vat fietsryers die Baviaanskloof-afdraai en dan klim die roete stelselmatig oor ’n afstand van 26km tot bo by die asemrowende Nuwekloofpas (sowat 1 000m bo seevlak.)

Vir die volgende 80km, daal die roete tot binne-in die Baviaanskloof.

Kort daarna gaan ryers die Baviaanskloof-wildernisgebied binne wat beheer word deur die Oos-Kaapse Parke-raad – ’n ongerepte stuk natuur waar wilde diere soos bokke en buffels nog volop is.

Sowat 110km van Willowmore, by Geelhoutbos, begin die roete stelselmatig uitdagender raak. Dis veral by die berugte “Moeder van alle Klimme” waar baie ryers van hul fietse afklim en moeisaam opbeur na die hoogste punt by Bergplaas, sowat 147km van Willowmore.

Vandaar is dit weer baie steil afdraandes tot in die Cambria-vallei verby sitrusplase langs die rivierbanke van die Grootrivier.

Van Komdomo volg die roete die pad na Patensie, maar net voor die afdraai na Humansdorp vat ryers ’n grondpaadjie Jeffreysbaai se kant toe. En dan, 230km verder, eindig deelnemers by Fountains Mall in Jeffreysbaai met ’n totale klim van 2 540m.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.