Vir haar is die groot ‘K’ Kouga, nie kanker nie

2017-05-04 06:00
Die ordentlike bestuur van kusdorpe soos Jeffereysbaai en St. Francisbaai was só belangrik vir Elza van Lingen (67) dat nie eers kanker of ’n gebreekte heup in die munisipale verkiesingsveldtog haar van stryk kon bring nie.             Foto:MONIQUE BASSON

Die ordentlike bestuur van kusdorpe soos Jeffereysbaai en St. Francisbaai was só belangrik vir Elza van Lingen (67) dat nie eers kanker of ’n gebreekte heup in die munisipale verkiesingsveldtog haar van stryk kon bring nie. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ELZA van Lingen (67) vee ingedagte oor haar kort, grys hare . . . dankbaar dat daar weer ’n haredos is om in die oggend te kam. Haar ligpienk lipstiffie staan uit op ’n gesig waar die kankerstryd diep spore uitkerf.

Dit is haar tweede ronde teen kanker. Jare gelede was dit ook so, en sy het dit net so onverskrokke en sonder ’n sweempie selfbejammering, haar parlementêre taak aangepak.

Elza, wat politiek eet en leef, is ’n sterk leier wat korrupsie en magsvergrype trompop loop – al beteken dit sy moet met ’n gebreekte heup van deur-tot-deur stemme vir die DA werf, kaalkop ’n raadsvergadering lei of self inspring om op ’n vakansiedag ’n waterpro-bleem te help oplos.

Sy herinner baie aan Margaret Thatcher. Dit is wat mense soek - leierskap in die oomblik van krisis.

Vrou agter die toga

“My oom, wat mense se karaktereienskappe kon sien deur aan hul kop te vat, het my kop as kind so aangeraak en verklaar ek is bestem vir groter dinge . . . ek moet mense van voor lei.”

Min het sy toe geweet dat sy nie in haar 60’s die Kouga-streek as burgemeester gaan lei nie, maar ook haar man na die kansel. (Hulle is al 42 jaar getroud)

Met jóú gaan ek trou

Na Elza by die Hoërskool Willowmore gema-trikuleer en ’n rukkie haar “tyd op universiteit gemors het”, het sy as skakelbeampte vir KWV begin werk. Dit was juis tydens ’n KWV-skou in Graaff Reinett dat sy haar man, Michael, ontmoet het.

“Toe hy met sy mooi, blou oë en spierwit tande in die paadjie opgestap kom, het ek geweet hy is my trouman. My kollegas was onbeïndruk met sy gekreukelde pak, maar ek het van beter geweet: sybokhaar maak maar so.”

Hulle is ’n jaar later in Junie 1975 getroud. Al was dit moeilik om oor ’n plaaslyn te vry.

Elza skop al van vroeg deure oop: as kind het sy met boerperde geskou, en in later jare was sy die eerste vrou in hul omgewing om los skeerders in agt distrikte te bedryf. Voorts het sy ook ’n skoenwinkel en naaldwerkfa- briek op die been gebring.

Sy en haar man is die trotse ouers van vier suksesvolle kinders: drie seuns en een dogter en die grootouers van sewe kleinkinders.

Het sy ooit as klein dogtertjie grootoog die land se leiers dopgehou en gedink dit is wat sy een dag wil doen?

“Nee, ons was BloedSappe.” (Die leiers was toe Nattes - nasionaliste)

Sy het eerder daarvan gedroom om ’n dokter te word - nie vir die geld nie, maar om mense te help. Vandag doen sy presies dit - sy wy haar daaraan toe om ’n beter lewe en toekoms vir ander te verseker.

Politieke mag skeel haar min. Sy wil ’n verskil maak. Die mense dien.

Die politieke ‘besluit’

Dit was die gebrek aan skoon water en haar “groot mond” wat die boervrou en entrepreneur laat besluit het om haar tot die “groot” politiek te wend, vertel Elza.

Haar eerste tree op die pad van haar suksesvolle politieke loopbaan het begin toe sy in 2000 by die Kaap St. Francis Burgerlike vereniging aangesluit het om die probleem van bruin water trompop te loop.

Sy het ses jaar as DA-raadslid op die toe nog Cacadu-distriksmunisipaliteit gedien en van 2009 het sy in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) begin dien. In 2011 en 2014 was sy die DA-leier in dié raad.

Sy beskou die “skuif” van parlementslid na burgemeester in 2016 nie as ’n afgradering nie, maar as ’n geleentheid om dienslewering in die streek weer op peil te kry.

Só vasberade was Elza dat verbetering moes kom, dat sy met ’n gebreekte heup en krukke van deur-tot-deur stemme vir die DA gewerf in die aanloop na Augustus 2016 se munisipale verkiesings.

Swye oor die siekte

Van Lingen haal diep asem. “Ek kon nie toe vir die inwoners vertel dat my borskanker na my heup versprei en die been laat verbrokkel het nie. Die pyn was ondraaglik, maar ek het ’n werk, nee, ’n plig gehad om te doen. Ek het geweet ons kan die verkiesing wen, maar almal moes hul kant bring.”

Oplaas het sy onder die mes vir ’n heupvervanging beland.

En die ergste van die hele operasie? Sy lag: “Die vreeslike kopseer. Nie van die operasie nie, daarvoor was ek op hopeloos te veel pynmedikasie . . . maar van te min kafeïen. Die probleempie is binne ’n japtrap met ’n koppie boeretroos reggestel.”

Die intense chemoterapie wat sy daarna moes ontvang, het haar wel kaalkop gelaat, maar beslis nie sonder moed en deursettingsvermoë nie.

Van ’n pruik dra was daar nie sprake nie. “Ek het wel een keer ’n pruik vir ’n foto gedra, maar nooit weer nie.”

Almal het haar so aanvaar.

Elza glo dat die Kouga-streek in die volgende vyf jaar in ’n beleggers-paradys omskep kan word – wat gevolglik werkloosheid en die sosiale euwels hieraan verbonde, kan laat krimp.

Sy beskryf die perfekte Kouga as ’n streek waar almal saamstaan om die beste munisipaliteit in die Oos-Kaap te skep - nie net op papier nie, maar waar die kiesers hul tevredenheid met ’n verdere volstrekte meerderheid die DA in die volgende verkiesing ondersteun. “Ons moet verseker die mense van Kouga kry wat hulle verdien.”

Balans

Dik stapels dokumente en die een vergade-ring na die ander is nou deel van haar lewe, maar naweke skuif sy dit alles so ver moontlik opsy ter wille van gehalte-tyd met manlief.

“Ek probeer soveel tyd moontlik met Michael, my grootste steunpillaar, spandeer, maar party dae is dit net ’n goeie more en tot siens.”

Oor haar vorentoe beur ondanks die kan-ker, sê Elza: “Sommige mense dink ek leef in ’n selfgeskepte gekke-paradys,en dat ek nie wil aanvaar dat ek kanker het nie. Glad nie, maar ek kan myself nie oor my toestand verknies nie, dit gaan die verkeerde boodskap uitstuur. Dit is juis my positiewe uitkyk op die lewe wat die aanvaarding (van die kanker) soveel makliker maak.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.