Volla se kind

2016-07-21 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WAT het die ikoniese Volkswagen Beetle en Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Matthee se legendariese boek, Fiela se Kind, in gemeen?

Alhoewel beide al deel was van baie Suid-Afrikaanse huishoudings – of dit nou in die motorhuis of in die klaskamer was – dateer die storie van die Volkswagen Beetle langer terug as dié van Fiela se Kind.

Die Beetle - ‘n Legendariese storie

1938

Die naam wat gekies is vir die toekomstige Beetle is Kraft Durch Freude Wagen, wat ‘Krag deur Vreugde Kar’ beteken.

1945

Produksie van die Beetle begin in Duitsland (na die Tweede Wêreldoorlog). Na dié oorlog was dit amptelik die Volkswagen Type 1 ge-noem, maar het beter as die Beetle bekend ge-staan.

1949

Die fabriek in Uitenhage word amptelik deur die Suid-Afrikaanse Minister van Ekonomiese Sake, Eric Louw, geopen.

Die eerste Volkswagen Beetle word per lug vanaf Duitsland, oor die Atlantiese Oseaan, na die Verenigde State van Amerika vervoer.

1950

Teen die einde van die jaar is voorlopige onderhandelinge tussen Volkswagenwerk in Duitsland en die South African Motor Assemblers and Distributors (SAMAD) begin, met die oog om die Volkswagen sedan (die naam ‘Beetle’ is nog nie amptelik nie) in Uitenhage te bou.

1956

‘n Magdom van Volkswagen voertuie kom in Suid-Afrika met die opheffing van invoerbeperkings aan.

In een rekord-vrag wat in Port Elizabeth afgelaai is, bring die Sweedse-skip, Victoria, 131 volledige en 1 068 Volkswagen voertuie (Transporters en Beetles) vanaf Duitsland.

1959

Die Suid-Afrikaanse Weermag bestel 20 Volkswagen ambulanse, 50 Beetles, 40 Kombi’s en twee Volkswagen brandweerwaens. Die bedrag van die bestelling beloop R160 000.

1960

‘n Handelaar in Port Elizabeth maak ‘n bin-neshuise-bestuurskool oop en daar word geglo dat dit die enigste van sy soort in Suid-Afrika is. Leerlinge ontvang onderrig in ratwisseling en hoe om te stop-en-gaan met die gebruik van ‘n Beetle onderstel wat op rollers geplaas is. Dit is deur ‘n buiteluginstruksie-sessie in ‘n dubbele-beheer Beetle gevolg.

Die Automobiel Assosiasie voeg twee Beetles by sy vloot.

Die 50 000ste Volkswagen verlaat die pro-duksielyn en die Beetle is die topverkoper in Suid-Afrika vir die derde agtereenvolgende jaar.

1963

Die 100 000ste Volkswagen (‘n Beetle), gebou deur SAMAD, verlaat die produksielyn. Die voertuig is voorgestel aan SANTA deur die Minister van Ekonomiese Sake en Myne, Dr. Diederichs, en is as ‘n prys in ‘n landswye kompetisie gebruik. Die kar is gewen deur H.G. Boland en is tydens ‘n spesiale seremonie in Augustus, 1964 oorhandig.

Die enkelmodel Beetle is die topverkoper vir die sesde agtereenvolgende jaar.

1966

Tydens ‘n buitengewone algemene vergade-ring van die aandeelhouers van SAMAD is daar vasgestel om die naam van die maat-skappy to verander na Volkswagen van Suid Afrika Beperk (VWSA).

1971

Avis Rent-a-Car neem aflewering van 96 Beetle 1300’s in ‘n terugkoop-transaksie wat VWSA verbind om die voertuie terug te koop – ‘n eerste vir die plaaslike motorindustrie.

1972

Die hele Volkswagen-wêreld vier fees toe die 15 007 034ste Beetle die produksielyn verlaat, by die Volkswagen fabriek in Wolfsburg. Sodoende verbreek Volkswagen die Ford Model T se 45-jare-lange rekord as die mees-geproduseerde enkelmodel in die geskiedenis van die motorindustrie.

Avis Rent-a-Car verdriedubbel sy bestelling van Volkswagen voertuie. Dit sluit in1600cc Beetles, Type 4’s en Mikobusse.

1973
VWSA vier ‘n rekordjaar en word vir die eerste keer die Republiek se top voertuigvervaardiger met ‘n aantal van 36 315 voertuie wat verkoop is, waarvan ‘n rekord 21 034 Beetles is.

1974
Die 250 000ste Beetle wat in Suid-Afrika vervaardig is – ‘n spesiale Lux Bug uitgawe – verlaat die produksielyn.

1976
Die Beetle vier sy 25ste jaar in Suid-Afrika en op 30 April word ‘n spesiale beperkte uitgawe ‘Silver Anniversary Beetle’ (slegs 216 eenhede) bekend gestel.

1978
Die Volkswagen Golf word bekend gestel en is onmiddellik ‘n sukses. Dit voorspel die einde van die Beetle wanneer Peter Searle, Besturende Direkteur van VWSA, aankondig: “Die sukses van die Golf was só goed en die publiek se reaksie op die voertuig só positief, dat die Beetle tweede viool gespeel het.”
1979
Die einde van ‘n era breek aan wanneer die laaste Beetle die produksielyn in Uitenhage verlaat.

1985
Die boek Fiela se Kind, geskryf deur Dalene Matthee, word gepubliseer.

1986
VWSA verskeep ‘n herstelde 1958 Beetle na die Volkswagen Museum in Wolfsburg, ter herdenking van die Beetle se 35ste bestaansjaar in Suid-Afrika.

1988
Die fliekweergawe van Dalene Matthee se boek, Fiela se Kind, is vrygestel. Die Suid-Afrikaanse aktrise Sharleen Surtie-Richards vertolk die rol van Fiela.

2000
Die eerste besending voertuie, wat 219 Nuwe Beetles insluit, kom op die skip Euro Spirits aan. Die langverwagte Nuwe Beetle is in Suid-Afrika te koop.

2001
Volkswagen vier die 50ste herdenking van die eerste Suid-Afrikaanse Volkswagen wat die produksielyn in Uitenhage verlaat het. Die eerste kar was ‘n Volkswagen sedan (‘n Beetle).

2006
Nege van die AutoPavilion (die Volkswagen museum in Uitenhage) se voertuie is onherstelbaar beskadig toe ‘n vragmotor wat die voertuie terug geneem het na Uitenhage – na afloop van ‘n tentoonstelling in Kaapstad as deel van VWSA se 55ste herdenkingsvieringe – omgekeer het. Van die voertuie wat afge-skryf is, is onder ander die laaste Beetle wat in Uitenhage vervaardig is.

2010
Teen dié tyd in 1950 (60 jaar gelede), het onderhandelinge tussen Volkswagen Duitsland en die SAMAD vir die bou van die Volkswagen Beetle in Uitenhage begin. Na twee volledig-geboude Beetles vanaf Duitsland gestuur is om getoets te word, is die finale ooreenkoms in Julie 1951 geteken om die voertuig in Uitenhage te bou.

2012
Volkswagen herstel die laaste Beetle wat gebou is by sy vervaardigingsaanleg in Uitenhage. Die Beetle was feitlik vernietig in ‘n vragmotorongeluk in 2006.
Die tweede generasie Nuwe Beetle word aangekondig.

2016
Volkswagen herleef die ikoniese Beetle Dune. Volkswagen het die Beetle ‘Baja Bug’ herleef met die bekendstelling van die Beetle Dune – die eerste ‘crossover’ Beetle-weergawe in meer as 80-jaar.

Die produksie van die Beetle Dune is by die 2015 Los Angeles Motorskou bekendgestel. Die Dune se treffende ontwerp word deur sy 18-duim wiele en die wyer, geligte bakwerk gekomplimenteer – alles wat die eienskappe van die legendariese ‘dune buggies’ laat herleef.
Die legende gaan voort.
Sy voorganger mag dalk ‘n generasie gedefinieer het, maar die een-en-twintigste eeu Beetle is daartoe in staat om ‘n nuwe revolusie te skep – Sportsmotor-tipe ontwerpslyne wat pragtig saamvloei. Die een-en-twintigste eeu Beetle is die verpersoonliking van innovasie. Dit is ‘n kar wat gereed is vir die toe-koms.

Bron: Volkswagen Groep Suid-Afrika

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.