VVV: ‘Ons sal weer gaan soek’

2015-11-12 06:00

DIE soektog ná “iets” wat inwoners in en om Patensie vermoed ’n meteoriet kan wees was gister voortgesit.

’n Helder ligstreep met ’n gloeiende rooi punt het volgens talle ooggetuies Sondag omstreeks 21:00 in die hemelruim geblink en met ’n harde knal verdwyn.

Inwoners van Patensie en Jeffreysbaai het berig dat hulle die ligstreep gesien en kort daarna ’n skudding gevoel het. Verskeie Baaienaars het ook die blits in die hemelruim gesien.

“Dit het Sondagaand kort voor nege vir ’n oomblik daglig geword en toe kom daai wit streep verby,” het Hugo Stry­dom van Walmer gesê.

Volgens Mfundo Sobele, woorvoerder van die Kouga-munisipaliteit, sal rampbestuur weer vandag die soektog lei. Die span het reeds Maandag sonder enige sukses in die Cambria-gebied (net buite Patensie) gesoek.

“Ons sal weer gaan soek vir dit wat moontlik uit die lug geval het, maar niemand is seker waar presies om te gaan soek nie,” het Sobele gesê.

Case Rijsdijk, ’n sterrekundige van die Astronomiese Vereniging van Suidelike Afrika (Assa), meen dit is soos om ’n naald in ’n hooimied te soek.

“Indien dit ’n meteoriet is, moet die liggings van waar die gloeiende streep gesien is op ’n kaart geplaas word.

“Met die rigting waarheen die streep beweeg het en die teken van ’n driehoek uit die liggings vanwaar dit gesien is, behoort ’n meer akkurate skatting gemaak te word oor waar die ding sou geval het.”

Rijsdijk het ook gesê dit is nie ’n uitgemaakte saak dat die knal wat gehoor is, die vlieënde voorwerp se impak op die grond was nie.

“Dit is heel moontlik dat die ding die soniese grense oorskry het, wat ook ’n baie harde knalgeluid kon veroorsaak het.” Hy het gesê dit is onmoontlik om met sekerheid te sê wat presies gebeur het. “Al wat sal help, is indien enige bewyse van ’n meteoriet of iets gevind word. Maar die soektog sal wees soos om na ’n naald in ’n hooimied te gaan soek.”

Indien enigiets, soos ’n meteoriet, aangetref word, sal die staat eienaarskap daarvan neem, het Rijsdijk gesê.

Volgens die Erfenisbronnewet beskik die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (Sahra) oor die reg om beheer oor enige voorwerp te neem wat in óf op die grond óf waters van Suid-Afrika gekry word – dit sluit argeologiese en paleontologiese voorwerpe, asook meteoriete in.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.