Waarom die aanval op Aston?

2017-03-30 06:03

DIT wil voorkom asof Astonbaai toenemend in die visier van sekere eiendomsagente en ander oningeligtes is, omdat Jeffreysbaai-sentraal voorgehou word as ’n beter lokaliteit om eiendom te besit.

Dit het aan die lig gekom dat voornemende kopers grootliks afgeraai word om in Astonbaai te koop, omdat “mense met klippe gegooi word as hulle daarheen ry,” en omdat die huise “in die water staan wanneer dit reën.” Niks is verder van die waarheid af as hierdie twee vyandige stellings nie.

’n Afgetrede Pretorianer het onlangs vir ’n geruime tyd vir ’n af-treehuis gesoek en is klaarblyk-lik byna voor die voet afgeraai om in dié dorpsgebied te koop. Hy is na ’n groot hoeveelheid huise in Jeffreys geneem vir besigtiging, en het ná al die verwarring wat ge-skep is, uiteindelik besluit om sy ideale huis in Astonbaai te koop.

Tereg wou iemand weet: Hoe-veel huise kon dié koper in bv. Wavecrest koop? Skynbaar baie, maar in Astonbaai was slegs een beskikbaar. Waarom? As Astonbaai dan so onaanvaarbaar is, waarom verkoop huiseienaars in Aston dan nie almal hul huise nie? Die waarheid is: hulle wíl in die rustige Aston woon.

Dié lank reeds voortslepende ‘vete’ het onlangs op sosiale media tot uitbarsting gekom toe ’n be-kende veearts en vele ander mense hulle teen dié onaanvaarbare tendens uitge-spreek het. Oor die redes word slegs gegis: Omdat daar baie winkels in Jeffreys is? Omdat sommige paaie in Aston nie randstene het nie? (Wie se skuld is dit? Vra die munisipaliteit). Omdat Aston nie ’n motorhawe het nie?

Blote snobisme kan dit nie wees nie, want albei dorpsgebiede het “deftige” huise, albei het gemiddelde en kleiner huise. Een vrou-like koper wou wel nie in Aston koop nie, maar het gesê sy sal kyk na die miljoene Rand se huise in die Marina. Maar die Marina is deel van Aston! Jeffreys kan slegs droom van so ’n gebied. Én, om by die Marina uit te kom, moet jy ook maar koes vir die kastige klippe-reën.

Van die eerste stopstraat in Astonbaai deur Apiesdraai tot by die eerste stopteken in Jeffreysbaai is ’n skamele 4km – in dorpsterme is die afstand skaars melding werd. Die geïsoleerde voorvalle op ’n deeltjie van die pad word knap deur sekuriteitsmanne en polisie hanteer.

Daar sal stellig ’n tyd aanbreek dat die inwoners van Astonbaai die munisipaliteit sal konfronteer vir presies dieselfde diens wat Jeffreys geniet. Die pragdele in Aston, die skoon voorkoms en ge-verfde strepe op paaie en parkeerplekke is die werk van Aston Bay Upliftment Project se trotse inwo-ners.

Die meeste inwoners van die kusdorp hoop seker dat daar ook in die res van die dorp mense van dié aard is wat die duisende plastieksakke en rondloperbeeste en varke en bokke in Jeffreys se een woongebied sal aanspreek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
Travel Dreams? Where would you rather be right now?

Partnered: Whether you're missing family overseas, dreaming of family adventures or romantic hideaways we all have that one place we'd rather be right now - but have you thought about the best way to get there?

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.