Warm en lekker uit die tuin

2017-02-02 06:01
Daar is ’n groot verskeidenheid brandrissies beskikbaar wat wissel in sterkte. Foto: VERSKAF

Daar is ’n groot verskeidenheid brandrissies beskikbaar wat wissel in sterkte. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NIE almal hou ewe veel van rissies nie, maar diegene wat graag dié vrugte in hul kos gebruik, kan gerus daaraan dink om dit self te plant.

Rissies is pragtige plante met blink blare en helder vrugte. Rissies behoort tot die Solanaceae -plantfamilie wat onder meer aartappels, eiervrug en tamaties insluit. Rissies word al meer as 9 000 jaar lank gekweek met die eerste variëteite wat in Mexiko voorgekom het. Die Spanjaarde en Portugese het in die 15de eeu rissies aan die res van die wêreld bekend gestel.

Rissies aard goed in die meeste klimaatsones en word binne baie verskillende kookstyle gebruik. Rissies word deur Latyns- Amerika, Indonesië, Suidoos-Asië, China, Japan, Indië, die Midde-Ooste en talle dele van Afrika in kos gebruik.

Warm én gesond

Die wit membraan in rissies bevat kapsaï- sien, wat rissies “warm” maak. Dit help ook om die longe skoon te maak, verhoog sirkulasie, dien as pynstiller vir artritis, dit het anti-inflammatoriese eienskappe, verlig hardlywigheid en dien as antioksidant.

Wanneer jy kapsaïsien eet, stimuleer dit die brein om endorfiene in die bloedstroom vry te stel wat jou goed laat voel soos ’n atleet wat oefen. Hoe warmer die rissie, hoe beter “voel” jy.

Hierdie goedvoelvrug is verslawend en be-vat boonop ’n sterk antidepressant. Vars ris-sies is ryk aan vitamien C, vitamien A en kalsium. Die rooi rissies bevat likopeen, ’n goeie antioksidant, terwyl geel rissies baie beta-karoteen bevat, wat ook ’n antioksidant is wat skadelike vrye radikale neutraliseer.

Plantwenke

Rissies groei betreklik maklik. Hulle benodig ’n sonnige kolletjie wat goed dreineer en baie water. Water is belangrik omdat rissies wat swaar kry, geneig is om hul blomme te verloor, wat veroorsaak dat hulle nie vrugte dra nie.

Voed rissies een keer per maand met kuns-mis of potplantkos en oes rissies wanneer hulle rooi of geel word. As jy die rissies in potte plant, gebruik goeie potgrond en gee hulle daagliks water.

Begin so

Nie alle rissies is so warm dat jy wil ontplof nie. Begin met variëteite soos ‘Anaheim’ en ‘Fresno’, wat ’n pikante smaak het en voel of dit saggies in jou mond smeul.

Die algemene reël is dat hoe kleiner, smal-ler en donkerder die rissie is, hoe skerper is die smaak. Groeitoestande verskil egter ook en beïnvloed hoe warm ’n rissie is. Selfs verskillende rissies van dieselfde bos kan verskil. Die punt van die rissie is die matigste gedeelte en dit is goed om versigtig daaraan te proe om te bepaal hoe warm dit is. As jy die brandsensasie wil verminder, verwyder die sade en membrane en gebruik net die vle-sige dele. Jy kan ook ’n hele rissie in jou kos gooi terwyl jy kook en dit net verwyder voordat jy opskep.

Hier is ’n gids van rissies waar 1 baie matig is en 10 die witwarm waks uit jou sal brand:

  • 2-4: ‘Anaheim’ en ‘Fresno’
  • 4-5: Capsicum annuum ‘Hungarian Wax’
  • 5-6: ‘Jalapeño’, lang rooi

cayennepeper en ‘Serenade’

  • 7-8: Thai-rissie, ‘Fiesta’, ­‘Aquille’, ‘Rajah’ en ‘Doomsday’
  • 9-10: ‘Tabasco’ en ‘Habañero’

Gedroogte rissies

Jy kan variëteite soos cayennepeper, ‘Serenade’ en ‘Fiesta’ met ’n naald en garing deur die dikker deel van die rissie aanmekaar ryg en buite in die son ophang om uit te droog. Ná omtrent drie weke wanneer die rissies bros is, kan jy dit in ’n bottel in ’n koel, donker plek bêre. Druk die rissies fyn met ’n roller of maak dit fyn in ’n voedselverwerker.

Rissie-piekel

Neem ’n handvol vars geoeste rooirissies en sny hulle middeldeur. Verwyder die saad. Meng die rissies met ongeveer 3-5 teelepels sout en lê dit in ’n vergiettes vir sowat ’n uur. Die sout sal water uit die rissies trek en van die pikantheid uittrek.

Neem intussen twee eetlepels geel mosterdsaad en dieselfde hoeveelheid vinkelsaad en maal dit fyn. Gooi 1 koppie warm groenteolie by die vinkel en mosterdsaad en voeg die gedreineerde rissies by. Bedek die rissies heeltemal met olie en gooi dit in ’n gesterili-seerde bottel. Die piekel hou sowat ’n maand in die ­yskas.

  • Inligting verskaf deur die Life Is a Garden-veldtog.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/World
 

Cute pet pictures can improve your relationship!

It’s true! A new study shows animal pics can bring back the spark.

 
 

Paws

7 weirdly awesome pets you can own
Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.