Water vry van fosfaat, nitraat

2017-06-22 06:01

JEFFREYSBAAI se drinkwater is vry van ’n oormaat fosfaat en nitraat, maar kommer bestaan oor die hoë yster- en mangaan-inhoud in boorgatwater.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek toon dat die dorp se drinkwater vry is van ’n oormaat fosfaat en nitraat, asook dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen.

Kommer is egter uitgespreek oor die hoë inhoud van yster en mangaan wat in die boorgatwater voorkom en tot ’n bruin-swart neerslag lei.

Die burgerregte-organisasie is verder be-kommerd oor Jeffreysbaai se rioolwater wat nie aan gestelde standaarde voldoen nie. Die ondersoekspan het op die dag wat die toetse uitgevoer is bevind dat twee van die motors wat die pompe aandryf al 14 dae buite werking was.

Volgens Frikkie Sutherland van AfriForum in Jeffreysbaai, was hul reeds met Kouga Burgemeester Elza van Lingen in kontak oor bogenoemde kwessies. “Die Kouga-munisipaliteit gee voortdurend aandag aan die saak.”

Infrastruktuur, Beplanning en Ontwikkeling Portefeulje-raadslid Desmond Peters sê: “Die munisipaliteit waardeer insette van burgerlike organisasies soos AfriForum, en sien uit na ’n goeie werksverhouding met hulle en ander belanggroepe.

“Terwyl gereelde watertoetse uitgevoer word en die resultate toon dat Jeffreysbaai se drinkwater aan die vereiste standaarde voldoen, deel die Raad Afriforum se besorgdheid oor die yster- en mangaaninhoud van die boorgatwater. Veral aangesien dit tot die verkleuring van die water bydra.”

Volgens Peters is die gebreekte pomp by die afvalwaterbehandelingswerke teen ’n koste van R250 000 herstel.

AfriForum gaan Jeffreysbaai se watergehalte deurlopend toets om die grondwetlike regte van die inwoners te beskerm.

  • AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dit fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead

Some dogs go mad the minute they see the leash, drag their owner out the door and once outside start spinning, leaping about and pulling their humans off their feet.

 
 

Paws

SA stats: The role of pets in families
The top 6 poisonous foods for your pet
Does your dog have separation anxiety?
Fascinating facts about dogs
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.