Wen lekkerlees-boeke

2017-02-02 06:01

KOUGA Express lesers kan nou ses lekkerlees-boeke met die komplimente van NB Uitgewers wen.

Dié boeke neem lesers afsonderlik op ’n pelgrimsreis, en op ’n reis van hartseer, vergifnis, versoening en liefde.

Ronell Bezuidenhout se boek 40 dae tot hoop is ’n pelgrimsreis deur die Lydenstyd vir diegene wat ’n begeerte het om hul geloof te verdiep. Hierdie boek help die leser om ’n deurdagte pelgrim te wees deur te weet waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is. Met God as reisgids begelei die boek jou op jou hartsreis van ashoop tot hoop.

Die veelsydige Helena Hugo bederf lesers met die opvolg op die gewilde Mispa wat in 2016 verskyn het, Elim. Die keer vra die skrywer die vraag: Hoe ver moet ’n vrou se liefde dan strek? Lees saam en vind uit of die nuwe huwelik ’n tydperk van vergifnis en versoening vir die Bassons van Mispa inlui en of Daniël vir Anna so lief kan wees soos sy vir hom.

Vurig op Flaminkevlei deur Trish Goosen en Hart se tweede kans deur Ilze Beukes raak die hartsnare aan en laat mens weer in liefde glo. Lesers staan ook die kans om die gewilde Afrikaanse liefdesverhale Tryna Du Toit Omnibus 11 en Ena Murrya Keur 12 te wen.

WEN! WEN! WEN!

Om een van die boeke te wen, stuur jou naam, kontakbesonderhede en die naam van die boek wat jy graag sal wil lees, na kougaexp@media24.com. Die kompetisie sluit om 12:00 op 9 Februarie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/South Africa

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.