Wen pitkos vir koue winteraande

2016-06-30 06:00
Twee gelukkige Kouga Express-lesers kan elk een van dié boeke wen met die komplimente van Lapa-uitgewers. Foto: VERSKAF

Twee gelukkige Kouga Express-lesers kan elk een van dié boeke wen met die komplimente van Lapa-uitgewers. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KRUL die winter op met aangrypende boeke uit die pen van Dibi Breytenbach en Vita du Preez.

Plaasaanvalle? Grondgrypers? Vrediger deur Dibi Breytenbach het dit alles. Die roman handel oor vooroordeel en verborge motiewe.

In een dag verander Willem Maarschalk se lewe onherroeplik. Hy word uitgeroep na ’n koelbloedige moord op ’n onskuldige meisie, gekonfronteer deur ’n woedende skare, en die einste nag nog word die plaasmense wreed aangeval.

Politieke motiewe word aangedui en dit neem nie lank vir die plaaslike polisie om verdagtes uit te wys nie. As regsgeleerde moet Maarschalk teen die oormag van getuienis onpartydig wees.

Breytenbach is self ’n regsgeleerde en werk in die strafhof. Sy weet waaroor sy skryf. Bladsy na bladsy trek sy jou dieper in die hofgeheime, die polisie se ware omgee, die haat van politiekery en die noodsaak van mense om te behoort. Sy neem die leser op ’n bloeddeurdrenkte tog tot diep in die Suid-Afrikaanse Regstelsel.

In haar boek Droomland, gee Vita du Preez aan elke vrou ’n sterk, unieke stem.

Wanneer Ruby Swart se ma onverwags sterf, is sy vasbeslote om haar biologiese pa te vind. Al is dit net om vir die man wat haar ma in die steek gelaat het, en nooit sy dogter se bestaan erken het nie, te sê hoe sy hom verag.

Met harde werk en verbete wilskrag het Ruby vir haar ’n lewe gebou: eers as internasionale model en deesdae as sakevrou.

In haar soeke na die waarheid kruis haar pad met twee mans: Die konserwatiewe dokter Joshua Durant wat haar ma se vertroueling was. Dan is daar Vincent Boonzaaier, haar oorlede ma se enigmatiese buurman wat rillers vir die internasionale mark skryf en ’n kluisenaarsbestaan voer. Reeds met die eerste oogopslag voel Swart ’n gewel-dige aantrekkingskrag vir hom, so asof haar wese hom op ’n primitiewe vlak herken. Swart besef dat onskuldige mense dalk kan seerkry as sy verder krap. Moet sommige geheime nie eerder so bly nie?

WEN! WEN! WEN!

Twee gelukkige Kouga Express-lesers kan elk een van dié boeke wen met die komplimente van Lapa-uitgewers.

Epos die naam van die boek wat jy wil wen na kougaexp@media24.co.za, gevolg deur jou naam en van, asook kontaknommer. Die kompetisie begin vandag en eindig om 17:00 op Donderdag 7 Junie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.