Woodridge College sal herbou word

2017-06-15 06:01
Dit sal sal “minstens ’n jaar duur” om die verwoesting by die Woodridge College in Thornhill weens wegholbrande te herstel. Foto:VERSKAF

Dit sal sal “minstens ’n jaar duur” om die verwoesting by die Woodridge College in Thornhill weens wegholbrande te herstel. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERWOESTENDE brande in die Thornhill-gebied het meer as die helfte van Woodridge Preparatory and College oor die naweek in puin gelê.

Verslae ouers, leerlinge en onderwysers het Sondag gaan kyk na die puin, wat eens woon-kwartiere en klaskamers was.

Almal, asook alle diere op die skoolterrein, is Saterdagoggend ontruim voordat die vlammesee die terrein verswelg het. Meer as die helfte van die skool is oor die naweek in puin gelê.

Paul Lynch, adjunkvoorsitter van Woodridge se beheerraad, sê dit sal minstens ’n jaar duur om die skade aan die skool te herstel.

Lynch het gepraat ná ’n vergadering met ouers en leerlinge wat Maandagoggend by die Nelson Mandelabaai-stadion gehou is.

Teen Maandag was die brande om die skool egter onder beheer, sê Lynch. “Ons het Sondag saamgespan om brandstroke te skep. Ons is vol vertroue dat die brande nou onder be-heer is, buiten ’n paar klein brande wat nou en dan opvlam. Die brandweer is steeds op die toneel, maar daar is tans geen rede tot kommer dat dit weer sal opvlam nie.”

Volgens Lynch het ongeveer 60% tot 65% van die skool onherstelbare skade gely. “Die versekeraars was reeds by die skool, en ons werk aan planne om die skool so gou as moontlik te herbou. Ek is nie ’n bouer nie, maar ek skat dit sal minstens ’n jaar neem.”

Die ontvangslokaal, hoofsaal, sekere van die koshuise, die skool se kerk, dele van die voorbereidingskool, musiekskool en van die onderwysers se wooneenhede het afgebrand. Genadiglik het historiese geboue behoue gebly.

Tog sal dit nie die skool se akademiese be-drywighede kelder nie, benadruk Lynch.

“Die kinders se opvoeding is vir ons die belangrikste. Die skool is ook hul tuiste, en ons moet dit vir hulle herbou.

“Gelukkig is die meeste van ons klaskamers steeds onbeskadig. Ons het die proses begin om tydelike klaskamers in te rig, en sal oor drie weke soos gewoonlik kan voortgaan.”

Die skool se vakansie is vervroeg, met leerlinge wat op 4 Julie sal terugkeer en dadelik eksamens sal begin skryf. “Ons is vasberade om as ’n normale skool voort te gaan, en ons sportwedstryde sal ook hervat word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.