Woodridge staan op uit die as

2017-07-06 06:00
Derek Bradley, hoof van die Woodridge College se kollege-afdeling, staan buite een van die geboue wat tydens die onlangse veldbrande verwoes is. Dié skool se akademiese program hervat Dinsdag nadat hulle inderhaas op 10 Junie weens dié brande moes ontruim. Alles is gereed vir die nuwe kwartaal nadat talle tydelike klasse sowel as ’n tydelike eetsaal en kombuis ingerig is.                                   Foto:CHARLES PULLEN

Derek Bradley, hoof van die Woodridge College se kollege-afdeling, staan buite een van die geboue wat tydens die onlangse veldbrande verwoes is. Dié skool se akademiese program hervat Dinsdag nadat hulle inderhaas op 10 Junie weens dié brande moes ontruim. Alles is gereed vir die nuwe kwartaal nadat talle tydelike klasse sowel as ’n tydelike eetsaal en kombuis ingerig is. Foto:CHARLES PULLEN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE brandgeteisterde privaatskool, Woodridge College and Preparatory buite Thornhill, wes van Nelson Mandelabaai, het Dinsdag sy akademiese program hervat.

Dié skool moes Saterdag 10 Junie inderhaas ontruim word nadat verwoestende veldbrande sowat 65% van die skoolgeboue vernietig het.

Agtien tydelike klaskamers, sowel ’n tydelike eetsaal en kombuis is intussen op die perseel ingerig.

“Ons het sonder enige twyfel letterlik uit die as verrys,” sê Derek Bradley, hoof van die kollege-afdeling.

“Die dag ná die brande het die personeel vergader en besluit die skool sal op 4 Julie heropen.

“Dit was ’n groot besluit en daar was baie om in dié kort tyd te doen, maar ons het dit reggekry.”

Hy staan in die massiewe tent wat as tydelike eetsaal vir 270 leerlinge dien en wys opgewonde na meubels wat werkers indra.

“Ons is baie goed verseker en het alles nuut ontvang,” sê hy met ’n tevrede glimlag.

Bradley sê, hoewel die skool heelwat skade opgedoen het, is hulle gereed vir ’n nuwe kwartaal.

Hy het verseker leerlinge sal heeltemal veilig wees.

“Die leerlinge trek vandag in en alle onveilige gebiede is afgesper.”

Bradley, wat ook sy huis in die brand verloor het, voel baie positief oor die hervatting van klasse en sê dit is soos ’n nuwe begin.

“Ek het met slegs my aktetas daar uitge-stap, maar ek gaan nog voort.

“Ons grootste prioriteit op die oomblik is om voort te gaan met ons akademiese program.

“Die meeste tyd wat ons verloor het, is eksamentyd, maar leerlinge begin sommer onmiddellik met kort toetse om daarvoor te vergoed.”

Die gr. 12-leerlinge het reeds hul Junie-eksamen in dié tydperk in tydelike lokale wat in Port Elizabeth en Jeffreysbaai ingerig is, voltooi.

Buite die tent is talle leerkragte ywerig besig om hul nuwe klasse te besigtig.

Lestie Hughes, musiekonderwyseres, glimlag van oor tot oor. “Ek het self my klas gaan uitkies,” sê sy.

“Weet jy, dis iets verskrikliks wat hier plaasgevind het. Dit was aaklig om so in die as van jou musiekdepartement te staan.

“Die hele departement is in die brand verwoes. Twee vleuelklaviere het sommer ontplof. Ons het ook verskeie saxofone, fluite en ander klaviere verloor.

“Al wat oorgebly het, is ’n paar staaltromme. Dis eintlik snaaks, want vuur is glo goed vir staaltromme. Dié brand was dus vir hulle soos ’n massering,” sê sy en lag lekker.

“Ek is egter trots om te sê ons gaan steeds voort met ons Distrik 6-musiekblyspel in Augustus. Die leerlinge het daarop aangedring.”

Steve Phillips, ook ’n onderwyser, kan nie wag om die leerlinge weer te sien nie.

“Die meeste van hulle het nog nie gesien hoe dit hier lyk nie. Ons gaan hulle op ’n toer neem sodat hulle kan weet wat aangaan. Ek is opgewonde om weer met klasse te begin.”

Bradley sê hulle wag nog vir die veiligheid- en gesondheidinspekteurs om hul ondersoeke te voltooi voordat hulle kan bepaal wanneer herbouings sal begin.

“Intussen gaan omgewingskundiges ons help met strategieë om so ’n brand in die toekoms te voorkom. Een van dié strategieë is om die gras op die perseel so ver moontlik van die geboue te hou.”

Die skool beplan ook om die bome en plantegroei te vervang wat in die brand vernietig is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.