Ysterperde brul vir liefdadigheid

2016-12-01 06:00
Slaggereed vir die groot optog is Jeanette Botha Schoeman, Ilze Krüger, Elsie Grobler, Marcelle van Schalkwyk en Connie van Rooyen van Solidariteit Helpende Hand in Jeffreysbaai.                                                        Foto: MONIQUE BASSON

Slaggereed vir die groot optog is Jeanette Botha Schoeman, Ilze Krüger, Elsie Grobler, Marcelle van Schalkwyk en Connie van Rooyen van Solidariteit Helpende Hand in Jeffreysbaai. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BLITSENDE, brullende motorfietse, wapperende vlae en leerbaadjies toegesteek onder kentekens oorval eersdaag Jeffreysbaai.

Die dorp word op 11 Desember behoorlik aan die brand gebrul met die klank van motorfietsenjins wanneer meer as 100 motorfietsryers aan ’n kleurvolle optog gaan deelneem - als ten bate van Solidariteit Helpende Hand in Jeffreysbaai. Met die revolusies wat hoog opgejaag gaan word, sal dit ’n skouspel vir enige motorfietsliefhebber wees.

Motorfietsryers vertrek om 10:00 vanaf die Wild Fig Tree in Da Gamaweg, maak ’n draai in Uysstraat en brul verby die Kouga-munisipaliteit voor hulle weer na die Wild Fig Farm terugkeer.

Volgens Marcelle van Schalkwyk van Solidariteit, word die fondse wat tydens die optog ingesamel word, gebruik om vir 77 behoeftige inwoners - waarvan ongeveer 34 kinders is - kos te gee. Dit sluit ’n kospakkie vir ’n heerlike Kersete in.

Die Kersvreugde stop nie hier nie. Elke kind kry op 16 Desember ’n Kersgeskenk as deel van Solidariteit se Pakkies vir Vreugde-projek. Om die dag méér spesiaal te maak, gaan Kersvader spesiaal van die Noordpool kom om die geskenke onder ’n groot Kersboom aan die kinders uit te deel.

Vir meer inligting of skenkings, skakel Marcelle van Schalkwyk by 083 650 8589 of besoek hul skenkingskantoor by Jeffreystraat 32 in Jeffreysbaai.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.