15 jong mense van Baai na Duitsland op internasionale uitruilprogram

2017-04-19 06:00
Dié jong mense woon die Verenigde Gereformeerde kerk van Suider-Afrika (VGK) Bloemendal se Skool by die Huis-winterskool by. Van links is Inge Welman, Jamie Brown, Elethu Mdodana, Lubabalo Vlakbok, Eon Louskieter en Ashlyn Hendricks. Welman, Brown, Louskieter en Hendricks is deel van ’n groep van 15 jong mense wat as deel van 'n uitruilprogram Duitsland toe gaan.FOTO: VERSKAF

Dié jong mense woon die Verenigde Gereformeerde kerk van Suider-Afrika (VGK) Bloemendal se Skool by die Huis-winterskool by. Van links is Inge Welman, Jamie Brown, Elethu Mdodana, Lubabalo Vlakbok, Eon Louskieter en Ashlyn Hendricks. Welman, Brown, Louskieter en Hendricks is deel van ’n groep van 15 jong mense wat as deel van 'n uitruilprogram Duitsland toe gaan.FOTO: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ALTESAAM 15 jong mense van Port Elizabeth het verlede Woensdag na Duitsland vertrek as deel van die Let’s Make Ubuntu- internasionale uitruilprogram vir die jeug.

Die uitruilprogram word deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkeling-, Navorsing- en Opleidingsinstituut (Sadrat-instituut) en die Jugendkulturarbeit e.V. Oldenburg (Jeug- en Kulturele Werk Oldenburg) en sy netwerk gefasiliteer en georganiseer.

Volgens Gerhard Lück, ’n programkoördineerder, is die 15 jong mense gekies uit vier projekte waarby Sadrat nou betrokke is.

Dit sluit in nege leerlinge van die Verenigende Gereformeerde kerk (VGK) Bloemendal se Skool by die Huis-winterskoolprojek, vier jong mense van die Masifunde-jeugdramagroepe in Walmer, een van die Alternatief tot Geweldprogram en ’n rasieleier van die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) se kuns-en-kultuurdepartement.

Lück sê die uitruilprogram sal die twee groepe van 15 jong mense van Duitsland (Oldenburg) en Suid-Afrika (Nelson Mandelabaai) onderskeidelik in staat stel om ’n reis te begin waarin hul interafhanklikheid en waardering vir die mensdom bevorder sal word.

“Verder word hulle die geleentheid gebied om na ’n ander land meer as 9 000 km van hul huis te reis en daar te bly.

“Daar word verwag dat dit nie net hul wêreldbeskouing sal uitbrei nie, maar hulle ook van die globale mark bewus sal maak.”

Volgens hom is dans, drama, lewensvaardighede en opleiding in nie-gewelddadige kommunikasie die mediums wat gebruik sal word om jeugontwikkeling te fasiliteer.

Die uitsette sal ’n drama-en-dansproduksie wees wat die grondslag vir ’n geïntegreerde jeugontwikkelingsplan in die Nelson Mandelabaai-metro se noordelike gebiede sal vorm en na ander dele van die metro uitgebrei sal word.

Die program word grootliks deur die Duitse regering geborg en is die gevolg van ’n vyf jaar lange samewerkingsvennootskap, voorbereiding en finansieringsaansoeke.

Volgens Lück het die leerlinge elk R1 200 tot hierdie geleentheid bygedra.

“Ons is baie dank verskuldig aan die onderwysers en skoolhoofde van die onderskeie skole wat ons ondersteun het terwyl ons die leerlinge voorberei het om die geleentheid te benut,” sê hy.

Die 15 leerlinge van die JKA in Oldenburg, Duitsland, besoek Suid-Afrika in April 2018.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.