Amper tyd om ore vir Luister FM te spits

2015-06-17 06:00
Die nuwe Afrikaanse gemeenskapsradiostasie, Luister! FM begin eersdaags vanuit Newtonpark in Port Elizabeth uitsaai. Die omroeperspan sluit ou bekendes en ’n klomp nuwe plaaslike aanbieders in. Jacques Kilian, Tanyia Hugo, Deon Pieterse en Adore Morg

Die nuwe Afrikaanse gemeenskapsradiostasie, Luister! FM begin eersdaags vanuit Newtonpark in Port Elizabeth uitsaai. Die omroeperspan sluit ou bekendes en ’n klomp nuwe plaaslike aanbieders in. Jacques Kilian, Tanyia Hugo, Deon Pieterse en Adore Morg

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LUISTER! FM 90.5 het ervare bekendes in die radiobedryf en talentvolle aspirant-omroepers saamgesnoer om van Julie af ’n splinternuwe klank vir Afrikaanses in en om die Baai te bring.

“Ons beoog om radio na ’n nuwe interaktiewe vlak te neem en om ’n luisterervaring te bied wat luisteraars keer-op-keer sal laat terugkom vir meer. Daar is beslis ’n behoefte vir meer Afrikaans in die beoogde uitsaaigebied,” het veteraan RSG-omroeper, Fonnie du Plooy gesê.

Du Plooy gaan ’n nuwe program, Knip-oog Voor Slaaptyd op Luister! FM aanbied.

Hy was by die keuringsproses van omroepers betrokke en help ook met omroeper-opleiding.

LUISTER!FM 90.5 se programskedule sal binnekort aangekondig word. Volgens stasie-bestuurder, Sarel Botha, maak dit voorsiening vir ’n wye verskeidenheid belangstellingsvelde en sal dit fokus op musiek vir mense van 25 jaar en ouer. Daar word ook ’n spesiale program vir die jongklomp geskeduleer en ’n program vir kleuters. Lance James se bekende program, Keep it Country, sal ook weekliks uitgesaai word terwyl die kykNET-program, Jukeboks, via die senders van LUISTER!FM 90.5 gehoor sal kan word.

Nog ’n bekende wat as omroeper gaan optree, is Jaco van Deventer, ook bekend as Boetie Ossewa wat voorheen betrokke was by die Afrikaanse groep, DJ Ossewa. Dan is daar ook Jacques Kilian wat baie bekend is in Christelike kringe in Port Elizabeth en omgewing asook Sarel Botha en Adoré Morgan wat voorheen by ander plaaslike radiostasies betrokke was.

“Die Alberts Broers gaan Saterdagoggende vir heerlike plesier sorg soos net hulle kan. Verskeie nuwe stemme sal gehoor word en saam met die nuwe stemme is daar vars programidees om luisteraars te verras,” het Botha gesê.

“Die pure lekkerte is dat daar 24 uur lank hoofsaaklik in Afrikaans uitgesaai sal word. Afrikaanses het reeds in die sosiale media en by wyse van ondersteunende petisie-lyste aangedui dat Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch uitsien na hierdie nuwe radiostasie.”

Die amptelike uitsaaidatum sal binnekort aankondig word.

Persone wat graag in verbinding met die stasie wil tree kan vir Sarel Botha kontak by sarel@luisterfm.co.za of skakel by 082 436 9790.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.