Baaienaars draf na Knysna om te inspireer

2015-07-01 06:05
’n Groep Baaienaars sal binnekort na Knysna draf om liefdadigheidswerk in ander te inspireer. (Van links) Reinet Steyn, Christine Fourie, Piet Steyn, Lana Bruyns en Luzanne Bruyns tel onder die sewe drawwers wat dié tog onderneem. 
Foto: 
werner hi

’n Groep Baaienaars sal binnekort na Knysna draf om liefdadigheidswerk in ander te inspireer. (Van links) Reinet Steyn, Christine Fourie, Piet Steyn, Lana Bruyns en Luzanne Bruyns tel onder die sewe drawwers wat dié tog onderneem. Foto: werner hi

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SELFS ’n klein onselfsugtige daad kan ver strek – en ’n groep Baaienaars sal 260 kilometer draf om dié punt te bewys.

Ná vier jaar in dieselfde oefengroep het sewe drawwers besluit om die langpad tussen Port Elizabeth en Knysna kaf te draf. Op dié manier wil hulle ander inspireer om by liefdadigheid betrokke te raak.

“Ons hardloop nie vir skenkings nie, en ons vra ook nie geld of hulp op die pad nie,” het Piet Steyn, wat die groep organiseer, gesê. “As ons egter net een persoon kan oorreed om ’n hand na ander uit te reik, sal ons gelukkig wees.”

Daarom het hy en sy vrou, Reinet en ander drawwers uit hul oefengroep saamgespan om oor drie dae ’n aflos na Knysna te hardloop. “Ons het nog nooit voorheen só iets aangedurf nie, maar vier van ons het reeds die Comrades-marathon voltooi, ten spyte van twee hart-omleidings en twee gevalle van kanker in ons groep.”

Die groep sal op Dinsdag 7 Julie van Groenbossies vertrek, met elkeen wat om die beurt ’n gelyke deel van die afstand draf terwyl die res met twee voertuie ry. “Ons sal die eerste dag tot Humansdorp draf, daarna na Stormsrivier, en op die derde dag sal ons Knysna bereik. Met dié plan sal ons ongeveer 11 ure ’n dag draf.”

Met hul aankoms in Knysna sal hulle ’n dag rus en die Oesterfees geniet, voor hulle aan die bosmarathon wil deelneem. “Dit is hoe ons sal feesvier aan die einde van ons tog. Hopelik sal dit ’n gees van dankbaarheid in ander wek, sodat hulle hul tyd of klere wat nie gedra word nie aan behoeftiges sal skenk.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.