Baaise ‘Hogs’ wil sorg vir ‘marakkas’ by braaitoer

2015-09-09 06:00
Gereed om die pad te vat op Harley Davidson motorfietse saam met Jan Braai is, van links, Danes Schoombee, Bennie Bekker, Stuart Black en Chris Stange.
                 Foto:DEON FERREIRA

Gereed om die pad te vat op Harley Davidson motorfietse saam met Jan Braai is, van links, Danes Schoombee, Bennie Bekker, Stuart Black en Chris Stange. Foto:DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n SPAN van Port Elizabeth, genaamd die Marina Braai Hogs, vertrek vandag op ’n 12-dag lange braaitoer deur die land saam met Jan Braai en 64 ander spanne.

Dié jaarlikse nasionale braaitoer vind vanjaar van 12 tot 20 September plaas. Dit begin in Bloemfontein en volg die roete Kaapstad toe deur Kimberley, Namakwaland, die Weskus, Strandfontein en Tietiesbaai. Die toer eindig dan op 20 September in Kaapstad.

Die Braai Hogs – bestaande uit Chris “Norris” Stange, Murray “Van Hogg” van der Merwe, Ben “Brand” Bekker, Danes “Boss Vark” Schoombie en Stuart “CrazyNinja” Black – sal soos in die film Wild Hogs, ook op hul Harley Davidson-motorfietse klim en op toer gaan. Black is die jongste lid van die span en is ook die span se kameraman, sosiale media-, tegnologie- en “blueteeth”-kenner en die bystandvoertuig-bestuurder.

Die Hogs, wat staan vir “Hairy Old Guys and Stuart”, is die enigste span op dié toer wat van Port Elizabeth afkomstig is. Die vyf se toer begin reeds vandag, waar hul in Kaapstad besit gaan neem van vier 1670cc Harley Davidson-motorfietse. Teen môre behoort die Hogs in die Baai aan te kom voor hul vertrek Vrydag na Bloemfontein vir die begin van die braaitoer op 12 September.

“Die Braai Hogs is heeltmal uniek in die sin dat ons die enigste vier brullende Harley Davidson-motorfietse tussen al die ander 70 voertuie gaan wees. Die Hogs beplan ook om – soos in die fliek – met al die nodige karakters, motorfietsbybehore en streke soos dit enige Wild Hog betaam, die braaitoer aan te pak,” het Bekker gesê.

Hy vertel dat daar elke dag op die toer op ’n “spesiaal-ontwerpte braaitoestel”, genaamd die Marina Dinky-braai, gebraai gaan word.

“’n Mobiele klankstelsel gaan saam, so musiek en danspassies van die 1950’s tot 1980’s sal langs die pad plaasvind met bygaande braaivleisrook en -geure vir die atmosfeer.”

Verder gaan elke deelnemer aan die toer ’n spesiale “Marina-marakka” ontvang om “ordentlik marakkas te maak”, het Bekker grappenderwys gesê.

“Die Marina-marakka is ’n unieke musiekinstrument. Dit word gemaak deur ’n gebruikte Marina-braaisouthouer met ’n paar bone en pitte te vul, wat dan ’n geluid maak wanneer jy dit skud,” het Bekker vertel.

Hy sê voorts dat die Marina Braai Hogs net een doel voor oë het en “dit is om 100% Oos-Kaapse vriendelikheid, vermaak en welwillendheid aan Suid-Afrika en die res van die ander spanlede te verskaf.”

) Marina-braaisout is die amptelike braaisout van die braaitoer, wat ten doel het om trotse Suid-Afrikaners om die braaivleisvure bymekaar te bring tydens Erfenis-maand.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.