Baaise ma van twee presteer in motorbedryf

2015-09-16 06:00
Sue-Ann Lewack (39), ma van twee, het ’n uitsonderlike prestasie behaal deur as eerste vroulike kalibreerder in Afrika by GMSA te kwalifiseer. 
Foto: GMSA

Sue-Ann Lewack (39), ma van twee, het ’n uitsonderlike prestasie behaal deur as eerste vroulike kalibreerder in Afrika by GMSA te kwalifiseer. Foto: GMSA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HIER in die Baai het Sue-Ann Lewack (39) omtrent “motorgeskiedenis” gemaak toe sy haar in ’n rekordtyd as kalibreerder by General Motors (GMSA) bekwaam het.

Lewack, wat haar opleiding in die kortste toelaatbare tyd (sewe maande) voltooi het, is ook die eerste vrou in Afrika-wat dié prestasie behaal het in die motorvervaardigingsbedryf, wat hoofsaaklik deur mans oorheers word.

Die sertifikaatopleiding duur normaalweg 18 maande. Akkurate kalibrering (kortweg is dit een van die belangrikste prosesse om die noukeurigheid van toerusting te meet) in die motorvervaardigingsbedryf is van kardinale belang en Lewack, ’n ma van twee, hoop dat sy nou ook die droom in ander vroue aangewakker het om ook ’n kalibreerder te word.

Tog is dit nie ’n maklike pad om tot by kwalifikasie te stap nie.

Eers moes sy GMSA se opleidingshandleiding van voor tot agter bestudeer, die maatskappy se internasionale verkrygingsprosedures onder die knie kry, en maande op ’n slag skouer aan skouer met plaaslike en oorsese kollegas werk vir kennisoordrag.

Daarna moes sy haar nuutgevonde kennis aanwend deur onder meer met gemotiveerde voorstelle vir nuwe prosesse en besparings­inisiatiewe vorendag te kom.

Verder moes Lawack ook GM se Struandale-aanleg assesseer en toe was dit weer vort na Korea en China, waar sy weer skouer aan skouer met ’n internasionaal gekwalifiseerde kalibreerder moes werk.

Hierna het die senutergende opdrag gekom: Doen nou sélf kalibreringswerk in ’n aanleg en doen dan verslag aan die raad van direkteurs, maar bied ook oplossings vir die probleme wat jy geïdentifiseer het.

Lawack het ál die toetse geslaag.

Lawack is beskeie oor haar prestasie: “Ek was baie senuweeagtig toe ek op my eie moes werk, maar ek het vooraf goeie navorsing gedoen en toegepas wat ek geleer het.”

Keith Prinsloo, bedryfskoördineerder vir GM in Afrika, bars van trots.

“Sy het na die ongelooflike uitgereik en dit vermag.

“Ek voel nou soos die afrigter van ’n atleet wat ’n goue medalje op die Olimpiese Spele losgehardloop het.” – MEDEWERKER

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.