Baaise ouers weer op ‘oorlogspad’

2015-09-09 06:00
Só het bekommerde ouers van leerders in die Baaise noordelike gebiede gister koppe bymekaar gesit om “oorlogsplanne” teen die Oos-Kaapse onderwysdepartement te smee. Walter Stevens, voorsitter van die beheerliggaam van die Bethelsdorp Comprehensive H

Só het bekommerde ouers van leerders in die Baaise noordelike gebiede gister koppe bymekaar gesit om “oorlogsplanne” teen die Oos-Kaapse onderwysdepartement te smee. Walter Stevens, voorsitter van die beheerliggaam van die Bethelsdorp Comprehensive H

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TE midde van ’n tekort van steeds meer as 100 onderwysers, klaskamers wat inmekaar tuimel, onbetaalde salarisse en onderwysers wat administratiewe- én skoonmakerrolle tussen klastyd oor personeeltekorte moet opneem, is ouers gereed vir fase twee van dié onderrigstryd.

Dít is steeds die situasie by skole in die Baai se noordelike gebiede.

Om hierdie rede het ouers en lede van die noordelike gebiede se onderwysforum (NAEF) Sondag koppe bymekaar gesit om oorlogsplanne te beraam.

Hoewel die forum hard probeer om ’n herhaling van Augustus se gewelddadige betogings te vermy, is ouers wéér op die oorlogspad. “Die ouers is kwaad vir die departement van onderwys,” het Richard Draai, sekretaris van die forum, gesê.

Die forum het verlede maand aan Angie Motshekga, minister van basiese onderrig, geskryf oor die Oos-Kaapse onderwysdepartement wat “nie hul werk doen nie.”

Nadat Motshekga tot vandeesweek kans gegun is om met oplossings vir die probleme hier vorendag te kom, het sy glo “protokol” as verskoning voorgehou.

“Sy skryf dat ons nie verby die provinsie moet kommunikeer nie.”

Die forum kon Sondag nie hul planne vorentoe bekend maak nie, maar het wel gesê skole sal die jaarlikse nasionale assesserings (ANA’s) boikot.

Mali Mtima, ’n woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, maan dat ouers nie weer skole moet sluit nie.

“Ek gaan dit wéér sê: om skole te sluit is nie die antwoord nie. Ons werk hard, trouens, saam met die departement van basiese onderrig, om die probleme op te los. Rome is mos nie in ’n dag gebou nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.