Babbelkous-komedie gaan teatergangers laat skater

2015-10-07 06:00
Die bekroonde dramaturg en regisseur, Marelize Barnard, hou die regie-leisels vir vanjaar se skreeusnaakse Peaat-komedie, Babbelkous en Bruidegom, wat van 20 tot 24 Oktober in die Little Theatre in Sentraal te sien sal wees.
Foto:
Deon Ferreira

Die bekroonde dramaturg en regisseur, Marelize Barnard, hou die regie-leisels vir vanjaar se skreeusnaakse Peaat-komedie, Babbelkous en Bruidegom, wat van 20 tot 24 Oktober in die Little Theatre in Sentraal te sien sal wees. Foto: Deon Ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PORT Elizabeth se amateur-dramageselskap (Peaat), gaan oudergewoonte vanjaar weer Baaise gehore laat skater wanneer sy jaarlikse komedie eersdaags op die planke kom.

Babbelkous en Bruidegom, speel in ’n prokureursfirma af en die komedie ontvou nadat die baas van die firma vermoedelik vermoor word.

Dit gons behoorlik in die kantoor, waar die ontvangsdame, Anne Parker (Emercia de Lange), nooit ophou babbel nie, terwyl polisie-inspekteur, kolonel Hendrik Greyling (Cobus Lombard) die raaiselagtige moord(e) probeer oplos.

Die bekroonde dramaturg en regisseur, Marelize Barnard, hou weer vanjaar die regie-leisels vas. Sy het gesê Babbelkous en Bruidegom is ’n heerlike stuk vol intrige, met talle skreeusnaakse situasies, karakters, dialoog, en natuurlik ’n tikkie romanse.

“Ons kies altyd ’n komedie as ons jaarlikse hoof-verhoogproduksie. Die lewe is heeltemal ernstig genoeg. Daar is baie mense wat nou deur moeilike tye gaan en dit is wonderlik om iets te kan skep wat mense vir ’n tyd lank van hul sorge kan laat vergeet.”

Vanjaar se rolverdeling spog met van die Baai se mees ervare akteurs, terwyl ’n klomp nuwelinge ook hul eerste buigings hier maak.

“Oudisies word gewoonlik in Junie of Julie gehou. Die karakters in die stuk skryf natuurlik die aard van die spelers waarna ons soek voor. Dit is lekker wanneer ons, soos vanjaar, ’n hele klompie nuwe spelers bykry. Daar is ongelooflik baie talentvolle mense in Port Elizabeth en dit is lekker om ’n geleentheid te kan gee aan mense wat graag hul passie vir toneel wil uitleef.”

Babbelkous en Bruidegom is oorspronklik in Frans geskryf deur Robert Thomas (1973). Dit is deur Tine Balder vertaal en in Afrikaans deur Anna Pohl verwerk.

Die rolverdeling is soos volg: Die telefoniste, Anne Parker - Emercia de Lange, polisie-inspekteur, kolonel Hendrik Greyling - Cobus Lombard, die prokureur Jan Rademan - Christoff du Toit, Rademan se vrou, Clara - Lara Hayward, prokureursklerk, Frederik Cilliers - Deon Pieterse, Rademan se sekretaresse, Susan Bergh - Helena Barnard, die tikster, Grietjie Roos - Liezel de Lange, konstabel Manie Mentz - Anton Steyn, mnr Preller (kliënt) - Saki Marais en mev. Teichman (kliënt) - Marianah Lourens.

Babbelkous en Bruidegom is van 20 tot 24 Oktober in die Little Theatre, Belmont-terras in Sentraal te sien. Kaartjies kos R90 en die vertonings begin om 19:30. Skakel Hellen by 041 365 0217 of 082 487 3118 of besoek www.westway.co.za om te bespreek.

* ’n Gedeelte van Babbelkous en Bruidegom se opbrengs is ten bate van Peaat se Kunstekoffer wat ten doel het om vlerke aan minderbevoorregte kinders se kunste-drome te gee.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.