‘Dit gaan swaar hier in Vastrap’

2015-07-29 11:06
Angelina Williams, ’n inwoner van Vastrap, is al verby moedeloos met haar nat huis en haar lang wag vir ’n regeringshuis.                                                        
Foto: 
CHANI KRIEL

Angelina Williams, ’n inwoner van Vastrap, is al verby moedeloos met haar nat huis en haar lang wag vir ’n regeringshuis. Foto: CHANI KRIEL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MINSTENS 700 Baaienaars – hoofsaaklik dié in opslaanhuise – moes verlede week te midde van swaar reënval uit oorstroomde woongebiede na veiligheid gebring word.

Die meeste ontruimings het by die plakkerskamp by Lorraine (220) en dié van Vastrap (350) voorgekom.

Vir die Vastrappers was dit omtrent vasbyt, want toe hulle in die eendeweer by die Booysenpark-gemeenskapsaal aankom, was die krag af. Hulle het later ’n hawe in kerke en moskees gevind.

Die inwoners van Vastrap het ook gesê hulle wil nie meer beloftes van die regering hoor nie, want terwyl hulle wag vir hul steenhuise, moet hulle elke reën­erige dag tussen modder en poele water loop.

Angelina Williams, ’n Vastrapper die afgelope agt jaar, kla dat sy elke winter haar op ’n deurdrenkte en koue huis moet voorberei. “Dit reën oral in: onderdeur én deur die dak. Daarna is alles nat – ons kos, ons beddegoed en ons klere. Dit gaan rêrig swaar met ons hier.”

Williams, ’n werklose ma van drie, sê haar grootste bekommernis is haar tweejarige kleinseun. “Die weer is nie goed vir sy bors nie en wanneer ek hom kliniek toe neem, het hulle nooit genoeg medisyne nie.”

Williams is al langer as tien jaar op die waglys vir ’n regeringshuis.

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het verduidelik dat daar ’n agterstand van 70 000 regeringshuise is.

“Regeringshuise is naby Vastrap gebou, maar ons kan nie net sorg vir die mense van Vastrap nie. Ons moet almal se behoeftes in ag neem.”

Jacqueline Roman, wat elke dag emmers oral in haar huis moet neersit, het gesê daar is wel mense wat huise kry, “maar daardie mense trek terug Vastrap toe en huur dan hul steenhuise uit”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.