Inwoners duisende kort oor Lorraine-riool

2015-10-21 06:00
Rioolwater spoel voortdurend in die tuine van Lorraine-inwoners in, wat reeds tot honderdduisende rande se skade gelei het. Een van die inwoners het dié foto, van ’n rioolvloed in 2012, ingestuur.
Foto: Verskaf

Rioolwater spoel voortdurend in die tuine van Lorraine-inwoners in, wat reeds tot honderdduisende rande se skade gelei het. Een van die inwoners het dié foto, van ’n rioolvloed in 2012, ingestuur. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE rioolwater wat voortdurend in hul erwe inspoel, het reeds skade van honderdduisende rande vir Lorraine-inwoners beteken – en dit neem skaars meer as ’n ligte reënbui vir die probleem om kop uit te steek.

Só het Martin Brits, inwoner van Luneville-weg in Lorraine vertel van die buurt se stryd om rioolwater uit hul tuine en huise te hou. “Dit is ’n vreemde gevoel om in die oggend na jou sitkamer te stap en ontlasting op die vloer te vind,” het Brits vertel. “Om skoon te maak sou nie ’n reuse probleem wees nie, maar die riool vloei konstant na ons erwe.”

Brits het gesê hy moes reeds nagenoeg R250 000 bestee om die skade wat dié probleem gelaat het, reg te stel en te keer dat dit weer ge-beur. “Ek moes ook slote grawe rondom die tuinwoonstel en die hoofhuis om die rioolwater weg te lei.”

Een van Brits se bure, wat anoniem wou bly, het ook aansienlike skade gemeld. “Ek sukkel al sedert 2012 met die munisipaliteit, want die tuinhuis en motorhuis is gereeld onderwater,” het sy vertel. “Ons moes al ons versekeringsmaatskappy nader oor die skade.”

Volgens dié inwoner word munisipale werkers gestuur wanneer sy die probleem by die munisipale oproepsentrum aanmeld. “Dit is egter nie genoeg om net vinnig skoon te maak en die verstopte drein leeg te maak nie. Die oomblik wat dit reën, is dit dieselfde probleem van vooraf.”

Gustav Rautenbach, DA-wyksraadslid vir die buurt, het gesê die probleem word onder meer veroorsaak deur verouderde infrastruktuur en rioolpype wat te klein is. “Die woonbuurt het sedert 2004 baie ontwikkel, en daar is nou baie meer inwoners,” het Rautenbach gesê. “Tog is die nuwe meenthuise ingeskakel by die bestaande netwerk van pype, wat eenvoudig nie genoeg is om die toename in inwoners te hanteer nie. Dit is die grootste kopseer in ons wyk, maar dis ook nie uniek aan Lorraine nie.”

Volgens Rautenbach sal die probleem nie opgelos kan word tot die munisipaliteit in sy begroting voorsien om die pype te vervang nie. “Die nuwe begroting vir die onderhoud van infrastruktuur is met R150-miljoen ge-snoei, en ons het nie eers die mannekrag wat dringend kan optree nie. Die enigste manier om dit daadwerklik aan te spreek, is deur die begroting – hoewel dit miljoene rande sal kos.”

Die munisipaliteit kon nie teen druktyd reageer op navrae oor die rioolpype nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.