Leerder berei voor vir Engelse Kanaal

2015-10-28 06:00
Kuno Boettiger. 
Foto: 
Deon Ferreira

Kuno Boettiger. Foto: Deon Ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY klasmaats sal swoeg en sweet vir hul matriekeksamen, maar ’n ander soort toets lê volgende jaar vir Kuno Boettiger voor.

Kuno (17), ’n gr. 11-leerder van die Port Elizabethse seunskool Grey, wil aanstaande Junie die yskoue waters van die Engelse Kanaal aandurf om dié lang­afstand-swem van sy kluitklap-lysie (bucket list) te haal.

“Dis vir my belangrik om dit klaar te maak, maar ek gee nie soseer om oor die tyd nie,” het Kuno gesê.

Hy sal oor ses dae die afstand van 34 km swem. Vir dié taak moet hy fisiek én geestelik voorberei.

“As jy nie verstandelik voorberei is nie, gaan jy dit nie kan doen nie – maar jy moet ook oefen.”

Kuno is nie eintlik een vir lang afstande nie, maar kan darem koue water goed hanteer.

Dit was eintlik sy oupa se idee om die kanaal aan te durf, het Kuno vertel. “My oupa Rod Penhall was ook ’n goeie swemmer op sy dag, en hy het my oorreed om dit te doen.

“Ek het nie gedink ek sou dit in matriek doen nie, maar ek hou daarvan as ek sien ek het iets onmoontliks reggekry. Dit motiveer my om nog verder te gaan.”

Kuno, wat eers verlede jaar met oopwaterswem begin het, wil behalwe oor die Engelse Kanaal oor die Seestraat van Moyle­ (tussen die noordooste van Ierland en die suidweste van Skotland) swem, wat selfs ’n groter uitdaging sal inhou.

Hy het op die ouderdom van ses jaar begin swem en oefen elke oggend en aand anderhalf uur.

In Desember gaan Kuno ’n eetplan ontvang van sy afrigter, Otto Thaning. Laasgenoemde glo aan die Tim ­Noakes-dieet.

Thaning is ’n hartchirurg en die oudste persoon (73) wat al oor die Engelse Kanaal geswem het

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.