Museum kan weer vlerke aan vlieg-drome gee

2015-06-10 06:00
Majj. Werner Vermaak en Beau Skarda in 2014 toe Vermaak die leisels as Silwer Valke-leier by Skarda oorgeneem het. Vermaak se vliegdrome het in die SA Lugmagmuseum in die Baai  vlerke gekry toe hy ’n kind was. 

Foto: 
Marc Milne

Majj. Werner Vermaak en Beau Skarda in 2014 toe Vermaak die leisels as Silwer Valke-leier by Skarda oorgeneem het. Vermaak se vliegdrome het in die SA Lugmagmuseum in die Baai vlerke gekry toe hy ’n kind was. Foto: Marc Milne

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE deure van die Lugmagmuseum in die Baai is weer oop nadat dit in April weens administratiewe sloerdery oor die toekenning van werksdae vir reserwemaglede moes sluit.

Volgens kapt. Mark Kelbrick, woordvoerder van die lugmag in die Oos-Kaap en kurator van die museum in Southdene, is alle administratiewe struikelblokke nou uit die weg geruim. Die museum het opwindende planne om ’n besoek aan hierdie kultuurskat selfs meer opwindend te maak.

As daar nou een Baaienaar is wie se hart van pure vreugde klop noudat die SA Lugmagmuseum weer oop is, is dit maj. Werner Vermaak, leier van die Lugmag se Silwer Valke-kunsvliegspan.

Dit is naamlik die plek waar Vermaak se drome om te kan vlieg letterlik vlerke gekry het, want in dié museum het hy as kind talle droomverlore ure deurgebring.

“Die waarde van hierdie museums mag nooit onderskat word nie. Om te weet waarheen mens op pad is, moet mens altyd weet waar jy vandaan kom,” het Vermaak gesê.

“Ek kon my ure lank verkyk aan al die uitstallings en het weer en weer teruggekeer om meer oor die lugmag en lugvaart te wete te kom.”

Vermaak se onblusbare passie om deel van die Silwer Valke te word, is in die vroeë 1990’s by ’n lugskou in Port Elizabeth gebore.

“Ek wou nog altyd vlieg, maar daardie dag, toe ek die Silwer Valke in aksie sien en party van die vlieëniers ontmoet het, het ek gewéét dat ek ’n straler wou vlieg en deel van hierdie ongelooflike span wou word.”

Vermaak het op 21 by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit en in Februarie 2012 uiteindelik sy kinderdroom verwesenlik toe hy tot die Silwer Valke verkies is.

Volgens hom het die kennis wat hy by die Lugmagmuseum opgedoen het handig te pas gekom gedurende sy onderhoude om by die lugmag aan te kan sluit.

Vermaak het in 1997 aan die Hoërskool Framesby gematrikuleer en later ’n BComm-graad in rekenaartegnologie aan die destydse Universiteit van Port Elizabeth verwerf.

Die lugmagmuseum is geleë op die terrein van die eertydse 42 Vlieg­skool wat van 1939 tot 1945, gedurende die Tweede Wêreldoorlog, hier was. Om hulde hieraan te bring sal Kelbrick en Don Bell, argitektuurtegnoloog van Gate 7 in Port Elizabeth, ’n reuse-skaalmodel bou om te wys hoe die perseel destyds gelyk het. “Foto’s van daardie jare sal ook permanent uitgestal word,” het Kelbrick gesê.

Hoewel die museum daarop gemik is om die nalatenskap van vervloë dae te bewaar, moet die meer onlangse geskiedenis ook soms in uitstallings bygewerk word.

“Ons hoop om binnekort met die aanbou van ’n nuwe vleuel vir hierdie doel te begin.”

Die boumateriaal hiervoor sal sowat R80 000 kos. Kelbrick het ’n beroep gedoen op mense wat wil bydra om die museum te nader.

* Die museum is van Dinsdae tot Donderdae van 8:00 tot 15:00 oop en op Saterdae en Sondae van 10:00 tot 16:00.

Bel Kelbrick by 082 413 7577 vir meer inligting

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.