Ná kanker gryp sy die lewe met albei hande

2015-11-04 06:00
Chanel Wewege van Port Elizabeth, by wie kanker elf jaar gelede gediag­noseer is, het haar stryd teen die siekte saamgevat in haar boek, Leukaemia Unveiled. Foto: deon ferreira

Chanel Wewege van Port Elizabeth, by wie kanker elf jaar gelede gediag­noseer is, het haar stryd teen die siekte saamgevat in haar boek, Leukaemia Unveiled. Foto: deon ferreira

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HAAR ­bleekwit vel is aan ’n “tienerfase” toegeskryf en die alewige moegheid was nie genoeg om gevaarligte te laat flikker nie.

Toe kom die nuus wat Chanel Wewege nie eens geweet het sy moet vrees nie: sy het twee weke van haar lewe oor.

Só vertel Wewege (28) in haar boek, Leukaemia Unveiled, wat haar jarelange stryd met bloedkanker beskryf.

Teen die tyd wat sy op 17-jarige ouderdom dié K-woord gehoor het, was sy reeds ses maande siek. “Daar was baie simptome voor dit, maar ek het dit geïgnoreer, want ek het nie vermoed dat dit ernstig was nie,” het sy gesê. “Al het ek baie geslaap en bleek geword, het mense gedink dit was net ’n tienerfase.”

Sy het eers die erns van die saak besef toe sy een oggend met ’n skerp pyn in haar rug wakker word. “Dit was so seer dat dit my laat skree het. Toe het my ouers met my na die dokter gejaag.”

Die nuus oor kanker het ’n halfuur na haar bloedtoetse gekom. “Vir ’n maand was ek letterlik stomgeslaan van die skok. Ek kon nie verstaan hoekom só iets met my moes gebeur nie.”

Die chemoterapie wat kort daarna gevolg het, het haar hulpeloos gelaat. “Elke dag moes ek deur verskillende toetse met dik, groot naalde gaan. Ek kon later niks self doen nie, maar is rondgedra van die een bed na die ander.”

Vir Wewege was een van die ergste dinge die feit dat haar hare weens die chemoterapie uitgeval het. “Ek kon eers nie vir myself in die spieël kyk nie. Later het ek dit aanvaar, want ek het geweet dit gaan darem weer teruggroei.”

Vir die jaar wat sy in ’n hospitaalbed moes deurbring, het haar ma, Shireen, elke aand by haar in die kamer geslaap.

“Ek het my ouma, Shirley, wat soos ’n tweede ma vir my was, in dieselfde jaar verloor – ook aan kanker. Sy het lewer- en longkanker gehad wat deur haar hele lyf versprei het.”

Wewege is sedert 2005 in remissie, nadat sy ’n beenmurgskenking van haar negejarige boetie ontvang het.

Deur die hele stryd het Wewege ’n dagboek gehou – wat later in haar boek omskep sou word. “Ek het elke dag se ervarings neergeskryf tot ek later te pap was en nie meer kon skryf nie.”

Nadat haar pa in 2012 oorlede is, het sy besluit om haar notas bymekaar te skraap en ’n boek te skryf, wat sy aan haar pa opgedra het.

“Toe die boek gepubliseer word, was dit asof ’n berg van my skouers af is. Ek kon my storie vir mense vertel sonder om in trane uit te bars.

“Ek weet my pa sou baie trots wees,” het sy bygevoeg. “Met dié boek wil ek ander kankerlyers voorberei vir wat op hulle wag – maar ook hoop bied.

“Ek wil ook hê almal moet weet hoe belangrik dit is om bloed te skenk. Ek is so dankbaar vir mense wat bloedskenkers is, want hulle het deel in my genesing gehad.”

Sy het nooit ’n matriekafskeid gehad of die lewe van ’n normale 18-jarige gehad nie, maar sy gryp nou haar tweede kans met albei hande aan.

“Ek lewe nou asof elke dag my laaste dag is. Al het die dokters gesê ek moet dit rustig vat, kan ek nie net in ’n hoekie gaan sit en kyk hoe die lewe verbyvlieg nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

2016-09-25 00:00

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.