Peuter (2) verloor nier ná kanker ontdek word

2015-07-01 06:05
Mieke Lessingh (2) is verlede maand met nierkanker gediagnoseer. Vir haar ouers, Pieter en Theresa, was die maand sedert dié diagnose ’n strawwe een. 
Foto: 
werner hills

Mieke Lessingh (2) is verlede maand met nierkanker gediagnoseer. Vir haar ouers, Pieter en Theresa, was die maand sedert dié diagnose ’n strawwe een. Foto: werner hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n MAAND gelede het ’n blakend gesonde Mieke Lessingh (2) van Pari Park nog met maats by haar dagmoeder se huis gespeel.

Nou is Mieke terug by dié groep – maar die kankergewas wat in haar linkernier ontdek is, het haar “reeds meer volwasse gemaak”.

Só het haar ma, Theresa, aan PE Express vertel, ’n week nadat Mieke met chemoterapie moes begin.

“Dit is vreemd, maar sy kom werklik as meer volwasse voor,” het Theresa gesê. “Sy is deur so baie in die afgelope maand, maar ’n mens sal nie sommer agterkom iets is fout nie – totdat ’n dokter in ’n wit jas met ’n naald naby haar kom. Dan skree sy.”

Sy kom ook baie gesond voor, het Theresa bygevoeg. “Na die eerste dag van chemoterapie het sy naar geword, en soms kan ek sien dat haar spiere verswak, soos wanneer sy ’n koeldrank-glas moet vashou. Verder lyk alles normaal.”

Dit is juis hoekom hulle gelukkig was dat die kanker so vroeg gediagnoseer is, het haar pa Pieter gesê. Die ouerpaar het eers onraad vermoed toe die dagmoeder, Rosemary Patterson, bloed in Mieke se urine opgemerk het.

“Dit kon baie erger wees,” het hy gesê. “Toe ek die eerste sprake van kanker hoor was ek baie bekommerd, maar die dokters het dit darem vroeg opgemerk.”

Nadat die kanker in haar linkernier gevind is, moes die gesin dadelik Kaapstad toe sodat Mieke se nier verwyder kon word.

“Dít was ’n moeilike dag, want die operasie duur byna drie ure en ons moes wag om te hoor hoe dit met haar gaan.”

Die mediese onkoste beloop duisende rande en die gesin se mediese fonds dek nie alles nie. Maar vir die Lessinghs is hulle dogtertjie se gesondheid van allerbelang.

Hulle is optimisties dat die 18 weke wat voorlê, waarin Mieke chemoterapie sal ontvang, die kanker sal weghou.

“Die eerste dae was baie emosioneel,” het Theresa gesê. “Ek het twee dae aaneen gehuil, tot ek nie meer kon nie. Nou vat ons dit een dag op ’n slag.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.