Rocco deel jongste CD met die Baai

2015-09-16 06:00
Rocco de Villiers.
Foto:
verskaf

Rocco de Villiers. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WANNEER Rocco de Villiers agter die klawers inskuif, word elke noot ’n gedagte en word die melodieë ’n magiese taal.

Baaienaars kan Rocco op 26 September hier in lewende lywe sien en vyf gelukkige lesers staan ook die kans om sy jongste CD te wen.

Sy jongste CD, Beautiful Beautiful Hymns, wat onlangs uitgereik is, spreek met gewyde stukke tot die binnekamer van elkeen wat weet dat musiek kos vir die siel is.

Volgens hom is ’n tydlose melodie die hoeksteen van musiek wat deur die eeue heen bestaansreg behou en daarom bevat sy nuwe CD selfs stukke wat reeds in 1830 gekomponeer is. “My lewe lank draai die kern van musiek om die melodie. Die gewyde stukke op Hymns het van die mooiste melodieë van alle tye.”

Hy is reeds 25 jaar in die musiekbedryf en het gesê hy wou nog altyd ’n CD met gewyde musiek opneem. “Ek het in die NG Kerk grootgeword. Hierdie is die musiek wat ek en my ma en my sussie saam by die huis gesing het. Nie omdat dit kerkliedjies is nie, maar omdat dit so mooi is.”

Volgens hom is Hymns ook ’n blyk van dankbaarheid vir ’n suksesvolle musiekloopbaan.

Sy passie is duidelik hoorbaar in elke snit op die CD en die nuanse van sensitiwiteit en crescendo’s lê elke lied se “siel” bloot.

“Ons leef in ’n tyd waarin alles dumbed down is. Mense kyk nooit van hul selfone af op nie en is meer behep met celebrities se doen en late as met die werklikheid van hul eie bestaan.”

Hy het gesê dat hy vroeër in sy loopbaan gedink het dat dit noodsaaklik is om soveel moontlik note te speel en altyd iets by te sit om sy musiek meer indrukwekkend te maak.

“Nou gaan dit vir my net oor die werklikheid van die musiek en die eerlikheid van my interpretasie. Ek stroop elke stuk tot die essensie van die emosie waarvoor dit bestem is.”

Rocco is op 26 September by die Hoërskool DF Malherbe in Port Elizabeth, op 29 September by Jolly Dolphin in Jeffreysbaai en op 30 September by die Barklystraat-teater in Uitenhage.

Kaartjies vir die Port Elizabeth-optrede kos R100 per persoon. Besprekings by Hellen by 041 365 0217 of aanlyn by www.westway.co.za. Skakel Anton by 083 760 0609 vir meer inligting.

) Besoek PE Express se Facebook-blad om die kans te staan om een van 5 CD’s te wen

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.