Skaak-wonderkind van die Baai styg uit

2015-07-29 12:11
Jesse February. 
Foto: 
lourens schoeman

Jesse February. Foto: lourens schoeman

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JESSE February (18), die Baai se skaak-wonderkind, is die vierde beste universiteite-skaakspeler ter wêreld.

Jesse, ’n eerstejaarstudent in BCom (regte) aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, het die afgelope drie weke die land in topskaaktoernooie oorsee, onder meer die Statebond-skaakvereniging se toernooi in Indië, verteenwoordig.

By die toernooi in Nieu-Delhi het sy teen die wêreld se bestes – almal ouer én internasionale meesters en grootmeesters in skaak – meegeding.

Hier het sy slegs vier van haar nege wedstryde verloor en sowat vyftig punte by haar Fide-meester-skaakstatus, wat die derde hoogste vlak in skaak in die wêreld is, gevoeg.

By die universiteite-kampioenskapstoernooi in Boedapest, Hongarye, het sy gesamentlik vierde met spelers van twee ander lande geëindig.

“Die kompetisie was baie moeilik, maar ek en Jesse is al twee tevrede met die uitslae,” het Jenny, Jesse se ma en grootste aanhanger, gesê.

“Jesse is terug en ek glo sy sal net sterker wees. In albei toernooie het sy teen skaakreuse gespeel – ’n ervaring wat ’n mens nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Dat sy hier kon deelneem, is ’n gróót stap in die regte rigting.”

Vir Jesse om na die toernooie te kon reis, het sy en haar ma, met behulp van vriende, familie en die publiek, hard gewerk om geld in te samel.

Terwyl sy oorsee was, het sy geskryf: “Die hitte (in Indië) was ondraaglik. Dankie tog vir lugversorging! Die kos was ook nogal ongewoon, so ek het maar (gelukkig) op brood, aartappels en roomys oorleef. Ek moet sê, ek het nog nooit in my lewe teen so baie uitstekende spelers meegeding nie. Om op die 70ste bord te kon speel, was op sigself ’n groot prestasie.”

Volgens Jenny sal Jesse sommer nog dae lank oor Indië en Hongarye se skilderagtige landskappe en goeie herinnerings babbel. “Maar dank die Here, Die Burger en al sy lesers wat dit vir haar moontlik gemaak het. Ons is hulle almal ewig dankbaar.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.