Studente gee terug aan die gemeenskap

2015-10-07 06:00
Tania Snyman, een van die groeplede, en Robyn May, ’n vrywilliger, saam met twee honde van die Dierewelsyn-organisie. 
                                                                        Foto: 
verskaf

Tania Snyman, een van die groeplede, en Robyn May, ’n vrywilliger, saam met twee honde van die Dierewelsyn-organisie. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

STUDENTE van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het in hulle vrye tyd meer as ’n honderd ure saam met die honde van die Dierewelsyn-organisasie in Port Elizabeth spandeer.

“Dit is altyd wonderlik om sulke jong mense hier by ons te kan hê en hierdie groep het so baie vir ons gedoen,” het Erica Ferry, deel van die uitvoerende komitee van die Dierewelsyn-organisasie gesê.

Die studente is in hul derdejaar en studeer ’n BA-graad in openbare betrekkinge en korporatiewe kommunikasie.

“Ons wou nie net ’n gewone taak doen en dan goeie punte kry nie, ons wou iets doen sodat ons die gemeenskap kan help,” het Aimee Guscott, een van die groeplede gesê.

Hulle het nie gesukkel om te dink wat hulle gaan doen nie. “Die Dierewelsyn-organisasie was ’n eerste keuse vir ons almal en ons het dadelik begin met ons beplanning,”

Die span van sewe het begin met kolwyntjie- en worsrolletjie-verkope op NMMU se Suid-kampus om geld in te samel.

“Die universiteit was ’n goeie keuse om die verkoping te hou want daar is altyd iemand wat iets lekkers wil eet,” het Guscott gesê.

Die groep het net so oor die R2 000 ingesamel met die verkope en hulle het ook borge gekry van verskeie besighede. Daar is ook honde- en katkos ingesamel.

“Die beste was om te sien hoe die honde – nes mense – elkeen hulle eie persoonlikheid het,” het een van die groeplede gesê.

“Ons is vreeslik dankbaar vir die groot helpende hand wat ons by die studente gekry het,” het Ferry gesê.

Die goedhartiges het emosioneel betrokke geraak by die projek en het sommer van die honde aangeneem as hul eie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.