Toerisme-blogger van Baai een van die bestes

2015-07-29 11:53
Jonker Fourie van Port Elizabeth het onlangs die tweede plek in die African Blogger-toekennings se fotografie-afdeling behaal. 
 Foto: 
Theo Jeptha

Jonker Fourie van Port Elizabeth het onlangs die tweede plek in die African Blogger-toekennings se fotografie-afdeling behaal. Foto: Theo Jeptha

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE reisgogga wat hom jare gelede hard gebyt het, asook sy passie vir toerisme en vir die Oos-Kaap, het meegewerk dat Jonker Fourie, Baaienaar, nou een van Afrika se voorste bloggers is.

Fourie se blog, The Firefly Photo Files, het onlangs die tweede plek in die African Blogger-toekennings se fotografie-afdeling behaal.

Volgens Fourie het hy in sy grootwordjare in Port Elizabeth altyd daarvan gedroom om eendag te kan reis. “My lewenspad het my ongeveer 17 jaar gelede na die toerismebedryf geneem.”

Benewens Firefly, wat hoofsaaklik klem op Oos-Kaapse toeristebedrywighede en besienswaardighede plaas, is Fourie ook die man agter die gewilde portelizabethdailyphoto-blog.

“Max en Sue Hoppe het dailyphoto in 2007 begin. Toe hulle hul 500ste foto geplaas het, het hulle hul ‘baba’ aan my toevertrou.”

Volgens Fourie is daar nou reeds 2 818 foto’s op dié blog geplaas en het hy nog nooit een dag gemis nie.

Die blog lok plaaslike, nasionale en internasionale belangstelling.

“Mense wat nie meer in die Baai woon nie, hou veral daarvan om na die foto’s te gaan kyk. Dit roep herinneringe by hulle op.

Fourie is aan die hoof van Ectour wat met die bemarking van die Oos-Kaap gemoeid is. Volgens hom help elektroniese platforms soos blogs, webtuistes en die sosiale media beslis om wyer blootstelling aan die streek te verleen.

Fourie se gesin deel ook in sy passie vir reis en sy vrou, Michelle, seun Dylan (13) en dogter Megan (10) reis en verken graag saam.

Fourie is ook verantwoordelik daarvoor dat Port Elizabeth onlangs by die internasionale toerismenetwerk Travel Massive aangesluit het. Dié kuber-netwerk het ten doel om diensverskaffers in die toerismebedryf aan mekaar bekend te stel.

The Firefly Photo Files en Port Elizabeth Daily Photo kan deur die fireflyafrica-facebookblad bereik word. Vir meer inligting oor Fourie se blogs of oor Travel Massive kan e-pos gestuur word na fireflyafrica@telkomsa.net

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.