Trein tussen strand en Baywest beplan

2015-08-19 06:00
Planne om besoekers van die Baaise strandfront per trein na die Baywest-winkelsentrum te vervoer, kom dalk binnekort op dreef. In ‘n voorgestelde vervoerplan het Siyazi Technology, ‘n Baaise maatskappy, drie smalspoor-diesellokomotiewe gekoop om die

Planne om besoekers van die Baaise strandfront per trein na die Baywest-winkelsentrum te vervoer, kom dalk binnekort op dreef. In ‘n voorgestelde vervoerplan het Siyazi Technology, ‘n Baaise maatskappy, drie smalspoor-diesellokomotiewe gekoop om die

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PLANNE om besoekers van die Baaise strandfront per trein na die Baywest-winkelsentrum te vervoer, kom dalk binnekort op dreef.

In ’n voorgestelde vervoerplan het Siyazi Technology, ’n Baaise maatskappy, drie smalspoor-diesellokomotiewe gekoop om die roete van die eens gewilde Appeltrein tot by die winkelsentrum te volg.

“Die plan is om binne die 22 km-roete van die strandfront tot by Baywest, ses platforms vir op- en afklimplekke te bou,” het Gawie le Roux van Siyazi Technology gesê.

’n Komitee wat uit lede van Transnet, Siyazi Technology, die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, die Nelson Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap, Baywest en Prasa saamgestel is, het onlangs bymekaargekom om dié plan te bespreek.

“Drie smalspoor-lokomotiewe is die afgelope jaar deur kundiges tot in die fynste besonderheid opgeknap, en ál drie is gereed om die spoor te neem,” het Le Roux aan die komitee verduidelik.

Die enigste haakplek is be­skadigde smalspoorlyne en ’n ordentlike sakeplan.

“Inspeksie en ondersoek aan dié spoorlyn sal nog vandeesmaand begin,” het Le Roux bevestig.

Die verslag hieroor sal na verwagting binne ’n maand beskikbaar wees, wat gevolglik tot die tweede vergadering van die komiteelede sal lei.

Gavin Blows, die besturende direkteur van Baywest, het gesê sy maatskappy steun die her­opening van die smalspoorlyn ten volle. “Dit is ’n ikoniese toeriste-attraksie, wat moontlik ’n eerste in die land sal wees. Buitendien sal dit ook werkskepping ’n hupstoot gee.”

Blows het die hoop uitgespreek dat die wiele al teen einde volgende jaar sal draai.

Mike Asefovitz, ’n senior kommunikasiebestuurder van Transnet-vragdienste, het by navraag gesê: “Gesprek word gevoer oor die hergebruik van Port Elizabeth se smalspoorlyn. Transnet is nie in besit van enige omvattende óf haalbare sakeplan nie, daarom kan ek nie kommentaar lewer nie.”

Hierop het Blows gesê ’n haalbare sakeplan is in wording, wat later aan Transnet voorgelê sal word.

“Die plan sluit ook ’n roete verder as Baywest in vir die vervoer van sitrus en besoekers tot in die Langkloof.”

Oor die vroeëre idee van ’n sonkragaangedrewe lokomotief, het Blows gesê: “ ‘Groen’ energie is ’n prioriteit vir ­Baywest, maar die eerste prioriteit is om die smalspoor oop én in werking te kry.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.