Van ‘plaaswerker’ na skoubaan-ontwerper

2015-10-13 13:00
Greg Pienaar (47), die PE perdry-klub se veldopsigter en skoubaan-ontwerper, het verlede week sy eerste nasionale perdsprongkompetise in Johannesburg bygewoon en hier die skoubane vir die land se bestes voorberei.
 Foto: 
werner hills

Greg Pienaar (47), die PE perdry-klub se veldopsigter en skoubaan-ontwerper, het verlede week sy eerste nasionale perdsprongkompetise in Johannesburg bygewoon en hier die skoubane vir die land se bestes voorberei. Foto: werner hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY was ’n gewone plaaswerker wat in die koerant adverteer was toe die PE perdry-klub hom opraap.

Vandag smee Greg Pienaar (47) skouers met die land se top perdeskoukenners as skoubaan-ontwerper.

Hy is pas terug uit Johannesburg waar hy by die prestige Galencia Derby skoubane vir die land se beste se ruiters en perde gebou het.

“Dit was stresvol,” het hy gesê, “Maar die beste ding wat tot nou toe met my gebeur het.”

Pienaar is die PE perdry-klub se eie skoubaan-ontwerper. Sy loopbaan het 25 jaar gelede heel nederig as skoonmaker en die “ou wat die pale ronddra” begin.

“Om skoubane te ontwerp is wiskundig,” vertel hy. “Jy moet presies kan meet en perfek kan uitlê, want die geringste mate wat verkeerd is, kan ’n hele skou in die wiele ry. Soms doen die ruiter iets verkeerd tydens ’n vertoning dan kry jy as ontwerper in elk geval die skuld, maar dis oukei – mens neem maar die suur met die soet.”

Terwyl ander ontwerpers kursusse bygewoon het, het Pienaar bloot met sy oë “gesteel”. Toe die voormalige eienaars van die klub sy natuurlike aanvoeling vir dié skou-wiskunde oplet, het hulle kursusse vir hom gereël.

“Toe ek in Johannesburg was, het ek met die beste ontwerpers, soos Mike Greeff, in die land gewerk. Ek het so baie by hulle geleer en die skou was magic. Die mooiste perde en spronge. Ek wil beslis hard werk om eendag ’n internasionale skoubaan te help ontwerp,” het hy gesê.

Sy vlug na die derby was ook sy heel eerste keer op ’n vliegtuig. Vir hom was die opstyg oukei, maar met die landing het hy glo “na die Here geroep”.

“Die organiseerders het vir my vlug betaal, maar die klub se mense het vir my klere en toiletware gesorg. Ek is dankbaar vir almal se hulp en bemoediging met die werk wat ek doen. Dis nogal ’n groot eer om van ’n sommerso plaaswerker ’n skoubaan-ontwerper te word.”

Vir hom is die les hieruit eenvoudig.

“Jy hoef nie geleerd te wees nie, maar as jy gewillig is en goed met mense klaarkom, is jy reeds suksesvol.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.