Alle buurte in die Baai het nou weer water

2017-05-31 06:03

ALLE gebiede in die Nelson Mandelabaai-metro het weer water nadat die Scheepersvlakte-studam in so ’n mate opgevul is dat water weer daaruit onttrek kan word.

Kayamandi, Despatch en Reservoir Hills se water het Donderdag opgedroog nadat die studam se watervoorraad opgeraak het toe die wal van ’n kanaal, wat water vanaf die Gariepdam daarheen voer, op 17 Mei gebreek het. Werkspanne het ’n tydelike noodkanaal gebou wat ’n week vroeër as verwag, voltooi is.

Volgens Annette Lovemore, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur, ingenieurswese, elektrisiteit en energie in die metro, kon water weer Vrydagoggend uit die studam onttrek word.

“Water word uit die Scheepersvlakte-studam onttrek en in die Nooitgedacht-watersuiweringsaanleg behandel, waarna dit na verbruikers in die metro gepomp word.

“Die hoeveelheid water wat onttrek word, word stadigaan vermeerder namate die studam se vlak styg en die voorsieningstelsel opvul. Die gebiede wat geraak is, het weer van Vrydag laat af water in hul krane gehad,” sê Lovemore.

Sy het weer elke waterverbruiker in die metro gevra om ’n daadwerklike poging aan te wend om elke druppel water moontlik te bespaar sodat die metro se kritieke watersituasie nie verder vererger nie.

Verlede Maandag is die metro se verklaring van die gebied tot droogterampgebied deur die burgemeester en die stadsbestuurder onderteken en die metro sal rampstatus kry sodra dit in die Staatskoerant geproklameer is.

“Ons mik na waterverbruik van tussen 10 kl tot 12 kl per huishouding. Daar is verbruikers wat – ondanks al die pleidooie om water te bespaar – steeds te veel water verbruik,” sê Lovemore.

Sy het gesê daar is 297 verbruikers wat tot 200 kl per maand verbruik en byna 500 wat 100 kl tot 200 kl per maand verbruik. Amptenare van die metro besoek hierdie verbruikers om vas te stel hoekom die verbruik so hoog is en om hulle te waarsku.

“In die Humewood-Somerstrand-gebied word hoë verbruik toegeskryf aan veral gastehuise en studenteverblyf wat op huishoudelike tariewe is. In die oorblywende huishoudelike gebiede is die hoë verbruik hoofsaaklik weens lekkasies,” sê Lovemore.

Volgens haar is baie hiervan intussen herstel of word herstel. Formele kennisgewings oor lekkasies word uitgereik en as dit nie binne sewe dae herstel is nie, sal dit deur die munisipaliteit herstel en die koste van die verbruiker verhaal word.

  • Die gemiddelde vlak van die metro se vernaamste opgaardamme was Vrydag 38,79%.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.