Baaise musiekonnie wen met gospellied

2016-12-07 06:01
Antonio Lawack.

Antonio Lawack.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ANTONIO Lawack (40), ’n Baaise musiekonderwyser en orrelis in die Salem Morawiese kerk in Schauderville, het onlangs die gospelkategorie in die eerste Pink Pen-musiekkomposisiekompetisie gewen.

Dié kompetisie – vir Oos-Kaapse liedjieskrywers – is gereël deur Bay City Sound in samewerking met LuisterFM en AAD Truck and Bus.

Die inskrywings was in twee kategorieë – gospel en kontemporêr – en daar was vyf finaliste in elke kategorie.

Hy het die wenlied, “Taste and See”, jare gelede gekomponeer toe hy ’n onderwyser by St. Dominic’s Priory was.

“Dit is my gunstelinglied. Dit was destyds my eerste poging om ’n koorstuk in ’n nieklassieke styl te skryf.

“Ek het ’n begeerte gehad om ’n lied te skryf wat op my gunstelingvers, Psalm 34 vers 8, gegrond is,” sê die onderwyser van die Linkside High School.

Lawack sê hy het letterlik voor die klavier gesit en ’n melodie vir die refrein uitgewerk.

“Ek is ’n groot aanhanger van ’n hoogs singbare melodie. Dit was dus my beginpunt. Hoe langer ek daar gesit en speel het, het die melodie en lirieke van die verse en die brug spontaan gevolg.

“Ek het hierdie lied met behulp van die Heilige Gees binne een dag gekomponeer,” sê Lawack.

Musiek is in die Lawack-familie se bloed.

Lawack se pa, Jonathan – wat ook die Nelson Mandelabaai-metroraad se speaker is – is die leier van die Morawiese Kerkkoorunie (Mokusa), sy ma, Olga, en suster Vivienne is koorsangers en sy broer Marvin bespeel ook blaasinstrumente.

Dié pa van Rowallan Park se kinders is ook musikaal aangelê.

“My dogter, Toni (18), is in matriek en is ’n staatmaker-alt in die Linkside-skoolkoor. Sy het ook trompet-onderrig ontvang.

“My oudste seun, Jude (12), is tans in gr. 6 en het vanjaar sy Associated Board of the Royal Schools of Music (ABRSM) se gr. 3-eksamen vir Franse horing en klavier gr. 1 met lof geslaag.

“My jongste seun, Liam (6), sal volgende jaar in gr. 1 wees. Ek het maar nog my bedenkinge oor sy musiektalent, want nes hy mooi ’n liedjie sing, moduleer hy eensklaps na ’n ander toonsoort,” sê Lawack laggend.

Hy sê hy is baie dankbaar vir sy vrou, Janine, hul gesin en familie, vriende, kollegas en instansies wat hom tydens die hele kompetisie ondersteun het.

“Ek is baie opgewonde en bly oor die feit dat my komposisie erkenning kry. Ek sou baie graag die gospelbedryf wou betree as ’n liedjieskrywer. Wie weet, dalk nader sangers my ná dese.”

Hy voeg by dat wat vir hom baie spesiaal is en trots maak, is dat hy en Jude saam in die Salem-konsertorkes speel.

“As dit God se plan is, gaan ons in 2018 met die orkeste van Salem in Amerika toer. Tussendeur beywer ek my as komponis. Op vanjaar se Morawiese basuinfees is etlike van my komposisies voorgedra. Die Bellville Morawiese blaasorkes het ’n oorspronklike komposisie en verwerking van my opgevoer tydens hul Europese toer.

“Net Sondag het die kore van die Congregational-kerke my verwerking van Jim Reeves se “I Thank Thee” baie mooi opgevoer.

“Ek sien daagliks hoe waar my gunstelingvers is: ‘Smaak en sien dat die Here goed is. Gelukkig is die man wat by Hom skuil’.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/World
 

Fascinating facts about dogs

Think you know a lot about dogs? How many of these facts do you know?

 
 

Paws

Perfectly captured cat snapchats!
Fascinating facts about dogs
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.