Baaise ontwerper in realiteitsprogram

2015-12-09 06:00
Gerhard Meiring wys twee van sy trourokke.                                                       Foto: Theo Jeptha

Gerhard Meiring wys twee van sy trourokke. Foto: Theo Jeptha

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AFGESIEN van die ridder op die wit perd is ’n droom-trourok in menige aanstaande bruid se drome die belangrikste deel van haar troudag.

Gerhard Meiring (38), ’n mode-ontwerper in die Baai, verwesenlik al vir meer as 20 jaar vroue se drome met sy ontwerpe.

Die produksiemaatskappy, Quizzical Pictures in Johannesburg het hom gebel nadat hulle sy ontwerpe op sosiale media soos Facebook en Instagram raak gesien het.

Hulle was só beïndruk met sy skeppings dat hy gekies is om as een van 13 mode-ontwerpers landswyd deel te neem aan die realiteitsprogram, My Droom Trourok, op die VIA- kanaal 147 op DSTV.

In elkeen van die 13 episodes fokus een ontwerper op ’n slag daarin om ’n bruid te help om haar droom-trourok te kies.

Die ontwerper, die aanstaande bruid, ’n familielid en ’n vriendin kry elkeen ’n kans om ’n rok uit die ontwerper se eie versameling rokke te kies. Die finale keuse uit die vier rokke berus dan uiteindelik by die bruid.

Meiring het in Bloemfontein by die Bloemfontein Fashion Academy mode-ontwerp studeer. Behalwe vir trourokke ontwerp, maak hy ook aand-en matriek-afskeidrokke.

Verskeie bekendes soos Mej. Suid-Afrika Bokang Montjane, SABC aanbieder Kass Naidoo, die aktrise Therese Benade en die huidige mej. Suid-Afrika finalis, Port Elizabeth se eie Mikaela Oosthuizen het al by hom aangeklop vir ’n swierige uitrusting of twee.

“My grootste plesier is egter steeds om elke kliënt soos ’n “celebrity” te laat lyk en voel,” het Meiring gesê.

“Wanneer jy rok kies, vir die program of vir ’n kliënt, moet jy haar liggaamsbou en haar voorkeure in ag neem. Kleur is belangrik maar ’n begroting speel ook altyd ’n belangrike rol.”

Meiring het gesê dat hy nie glo dat ’n mens “bridezillas” kry nie, maar eerder net bruide wat regtig weet wat hulle wil hê.

Sy beste advies aan kliënte is om ’n paar verskillende style aan te pas, nie net dié wat jy in gedagte het nie, maar ook om oop te wees vir style wat jy gedink het nie sal werk nie. “Jy sal dalk net verbaas wees oor hoe mooi dit kan lyk!”

Met jare se ondervinding glo hy dat hy geleer het hoe om bruide te lees.

“Jy moet ook soms eerder verstaan wat hulle nie sê nie, om te weet wat hulle wil hê,” het Meiring gesê.

  • My Droom-Trourok word op Vrydae om 17:30 op die VIA- kanaal 147 op DSTV uitgesaai. Bel Gerhard Meiring by 0833556341 met enige navrae.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.