Baaise tienersanger ding internasionaal mee

2016-08-31 06:00
Sy liefde vir gospelmusiek het pas aan EJ Thorne van Booysenpark in Port Elizabeth ’n deur oopgemaak na Texas in Amerika. Baie geld moet nog invloei vir sy reiskoste, maar waar EJ (18) hier in die Macedonia Full Gospel Church in Gelvandale se kerkbanke sit, vertrou hy dat die Here in beheer is.  Foto: WERNER HILLS

Sy liefde vir gospelmusiek het pas aan EJ Thorne van Booysenpark in Port Elizabeth ’n deur oopgemaak na Texas in Amerika. Baie geld moet nog invloei vir sy reiskoste, maar waar EJ (18) hier in die Macedonia Full Gospel Church in Gelvandale se kerkbanke sit, vertrou hy dat die Here in beheer is. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WANNEER EJ Thorne (18) van Port Elizabeth agter die mikrofoon op die verhoog inskuif, verdwyn sy skugterheid soos mis voor die son.

“Ek voel tuis wanneer ek sing; asof ek ’n heel ander mens is,” sê hy en bloos.

Dié tiener van Booysenpark in Port Elizabeth is pas as die beste gospelsanger in die Full Gospel Church of God se SA-tienertalentkompetisie aangewys.

“Ek het die streekronde gewen en moes toe teen die land se beste sangers in Durban deelneem. Nou gaan ek volgende jaar Texas toe,” sê hy. “Daar gaan ek teen die wêreld se bestes meeding.”

Sy liefde vir sang – en veral gospelmusiek – kry hy van sy pa, Edward, wat gereeld by hul huis in Shylockstraat op die kitaar vir sy seun getokkel het.

“Ek was seker so nege jaar oud toe ek eendag saam met my pa sing. Hy het my gestop en gevra waar ek tenoor leer sing het,” onthou Thorne.

“Ek het toe nie eens geweet wat tenoor beteken nie. Ek het toe by die kerkkoor en die lof-en-aanbiddingspan aangesluit en só aan die kompetisie begin deelneem.”

Hoewel hy drome koester om ’n ingenieur te word, is dit ’n sangloopbaan wat hy die graagste wil hê.

“Baie min dinge het tot dusver vir my uitgewerk, maar ek glo dat die Here in beheer is van my toekoms. Wanneer ek sing, sing ek vir Hom en niks anders maak saak nie.”

Met net R5 000 in sy sak samel hy nou geld in vir sy reiskoste wat sowat R35 000 beloop.

“Ons hou op 8 Oktober konsert by die Macedonia Full Gospel Church in Gelvandale as eerste geldinsameling. Daar’s nie juis geld om my in Texas te kry nie, so dit kos harde werk en kophou, maar ja, die Here is in beheer.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.