Baaise Tristan verower goud WORLD LASER RUN-BYEENKOMS

2016-09-21 06:00
Keira van Heerden (9), Tristan Marais (9) en Jason Archibald (9) met die medaljes wat hulle verower het by die World Laser Run-byeenkoms, wat aan die begin van die maand in Portugal gehou is. Foto: WERNER HILLS

Keira van Heerden (9), Tristan Marais (9) en Jason Archibald (9) met die medaljes wat hulle verower het by die World Laser Run-byeenkoms, wat aan die begin van die maand in Portugal gehou is. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LISSABON in Portugal was “baie warm”, maar daar was beslis nie tyd vir roomys eet nie, vertel Keira van Heerden (9) wat saam met Jayson Archibald (9) ’n bronsmedalje op die World Laser Run-byeenkoms verower het.

Dit is aan die begin van September gehou.

Keira, ’n leerling aan Collegiate Junior School for Girls en Jayson van Grey Junior School in Port Elizabeth, het die derde plek behaal in die aflos-nommer waarin om die beurt 400 m gehardloop en dan weer met ’n laserpistool na ’n teiken geskiet moes word.

Tristan Marais (9) van die ­Laerskool Summerwood het weer goud in die o.11 hardloop-skiet-hardloop-nommer behaal. Boonop was hy ’n volle tien sekondes voor die deelnemer wat in die tweede plek geëindig het.

“Toe ek besef hy wen, het ek sommer in trane uitgebars,” vertel Simoné, sy ma.

“Dit was boonop my verjaardag, so dit was die perfekte geskenk. Tristan het baie, baie hard gewerk en hy is ’n puik atleet wat al die OP-tweekamp span ook gehaal het. Ek dink hy verdien beslis die medalje.”

Tristan, wat vir die eerste keer oorsee gereis het en nie uitgepraat kan raak oor sy medalje nie, glo ook dat sy “harde werk en toewyding” nie verniet was nie.

Dié harde werk sluit onder meer in vier dae ’n week se draf met ’n afrigter, naelloop en oefen om sy teiken met ’n laserpistool raak te skiet.

“Ek wil eendag ’n rugbyspeler én atleet wees,” sê hy. “Ek speel ook krieket en swem en tennis en hokkie en doen twee- en driekamp. My huiswerk doen ek maar in die kar wanneer ons ry.”

Vir Keira staan Portugal se hitte voorop, hoewel sy ook trots is op haar gedeelde bronsmedalje. Sy het sesde gekom in haar individuele item.

“Portugal was baie, baie warm. Ek het teen kinders van soos Frankryk en Portugal gehardloop en ek het saam met Jayson ’n bronsmedalje gekry.”

Jayson het die vierde plek in sy individuele item behaal.

Die Laser Run-byeenkoms word deur die Union International de Pentathlon Moderne (UIPM) aangebied en moedig juis die deelname van jonger atlete aan sodat hulle vroeg aan moderne vyfkamp blootgestel kan word om later aan die volle Olimpiese Vyfkampspele te kan deelneem. – ALVENÉ APPOLLIS

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.