‘Besluiteloses sal skaal in die Baai laat swaai’ Die metro in syfers

2016-07-27 06:00
Danny Jordaan. Foto: CHARLES PULLEN

Danny Jordaan. Foto: CHARLES PULLEN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET enkele dae voor die munisipale verkiesing is die ANC en die DA in Nelson Mandelabaai nog té “na aan mekaar” om te bepaal wie dié metro gaan verower.

Alles hang af van hoe besluitelose kiesers op 3 Augustus sal stem – wat die skaal in óf die ANC óf die DA se guns kan swaai.

Só meen prof. Joleen Steyn-Kotze, politieke ontleder aan die Nelson Mandela-Universiteit, terwyl die ANC en die DA, die twee dominante partye, alles insit en dié metro verwoed deurkruis in ’n laaste poging om kiesers te werf.

In die jongste Ipsos-peiling is verlede maand bevind dat die DA 4% meer steun as die ANC in die metro – wat Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch insluit – geniet.

Die ANC, wat sedert 1994 enorme oorwinnings in dié metropool behaal het, het in 2014 se nasionale verkiesing egter net 49,17% van die stemme gekry. Die kiesersopkoms was 75,1%.

Die DA het 40,16% stemme gekry.

Luidens die Onafhanklike Verkiesingskommissie se statistieke het die ANC in die 2011-verkiesing 51,91% gekry en die DA 40,13%.

Steyn-Kotze het gesê die besluitelose kiesers kan die bepalende faktor wees in die metro wat die afgelope jare in ’n administratiewe krisis gedompel is en waar faksionalisme in die ANC, dienslewering verlam het.

Verder speel hoë vlakke van werkloosheid, ’n gebrek aan behuising en misdaad ook ’n groot rol in hoe kiesers sal stem.

Steyn-Kotze het gesê Danny Jordaan, die uitvoerende burgemeester, het die afgelope jaar in die pos “probeer om ’n skoon administrasie daar te stel”.

“Die vraag is egter of dit goed genoeg was om die vertroue van vervreemde ANC-kiesers terug te wen en om nuwe kiesers na die ANC te lok.

“Dit gaan oor brood-en-botter-kwessies vir kiesers.”

Volgens Steyn-Kotze het die DA van dag een af ’n aggressiewe verkiesingsveldtog onder leiding van Athol Trollip, sy burgemeesterskandidaat, gevoer.

“Die vraag is of die DA steun uit tradisionele ANC-steunbasisse kan trek. Net 3 Augustus sal dit wys.

“Ander faktore, soos die United Front-party en die Economic Freedom Fighters, moet ook in ag geneem word.”

  • Onlangse navorsing deur die Electoral Institute for Sustainable Democracy in Africa (Eisa) het getoon dat bykans ’n derde van wyke waar die opkoms op stemdag in die metro hoër as die gemiddelde, ANC-gesind is. Die DA het die oorhand waar dit onder die gemiddelde is.

“Kiesersopkoms is egter nie altyd ’n goeie voorspeller van hoe ’n bepaalde wyk in die Baai sal stem nie,” lui die verslag.

  • Bevolking: 1,1 miljoen
  • Huistale: Xhosa (53%), Afrikaans (29%), Engels (13%)
  • Huishoudings: 324 291
  • Formele huise: 87,2%
  • Gemiddelde jaarlikse inkomste per huishouding: R29 400
  • Kraanwater: 96,1%
  • Toegang tot elektrisiteit: 91%
  • Toiletgeriewe: 90,1%
  • Vullisverwydering: 91,6%
  • Werkloosheid: 36,6%
  • Opvoeding: Altesaam 73,2% het gr. 9 of hoër en 41,4% het matriek of hoër
  • Die stadsraad het 120 setels – 61 word benodig vir ’n meerderheid

Bronne: Statistieke SA,

www.wazimap.co.za en Eisa

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.