Bethelsdorp kry nog ’n polisiekantoor

2016-11-02 06:01
Nqaba Bhanga.                                Foto: daily sun

Nqaba Bhanga. Foto: daily sun

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Bethelsdorp-gemeenskap in die Nelson Mandelabaai Metro gaan ’n tweede polisiekantoor kry.

Die Metro se komitee oor menslike nedersettings het verlede Dinsdag ’n aanbeveling ondersteun oor ’n aansoek om die oordrag van erf 11823 in Bloemendal aan die Departement van Openbare Werke vir die oprigting van ’n polisiekantoor.

Die polisie het in September 2013 om die hersonering en oordrag van die oop stuk grond aansoek gedoen.

Die inwoners van die Baai se noordelike woongebiede het Nathi Nhleko, Minister van polisie, op sy besoek in Februarie vanjaar op ’n openbare vergadering gesê dit is onaanvaarbaar dat net een polisiekantoor die groot Bethelsdorp-gebied moet bedien.

Raadslede Trevor Louw (DA) en Sizwe Jodwana (ANC) het die dringendheid van die aansoek beklemtoon.

“Die misdaad in Bloemendal neem toe en nog ’n polisiekantoor is noodsaaklik,” sê Louw.

Nqaba Bhanga, voorsitter, het Dinsdag gesê hoewel ’n polisiekantoor vir die gebied nodig is, moet ’n tydraamwerk aan die ontwikkeling daarvan gekoppel word en dat die betrokke munisipale amptenare die aanvang van bouwerk streng moet monitor.

“Om van munisipale grond afstand te doen en dan word daar 20 jaar lank niks gebou nie, help nie die munisipaliteit nie,” sê Bhanga.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.