Busdiewe teiken skole in die Baai

2015-11-18 06:00

SKOLE moet gewaarsku word: hul bussies word deur boewe geteiken.

Dié waarskuwing kom van die polisie nadat nóg ’n bussie, dié keer van die Laerskool Lorraine, onlangs gesteel is.

“Die diewe weet presies hoe om die bus te steel en te laat verdwyn,” het Alex Cooper, ’n onderwyser van die Laerskool Lorraine, gesê nadat deeglik ondersoek ingestel is oor hoe die bussie voete gekry het.

Die boewe het die kringtelevisiekameras se drade by dié skool geknip voor ’n “bielie van ’n slot” by die veiligheidshek geknip én nog ’n hek oopgebreek is om die skool se Toyota-bus te steel, het kapt. San­dra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, bevestig. Sy het bygevoeg: “Die skole sal hul veiligheidsmaatreëls moet opskerp.”

Cooper het voorts gesê die diewe moes die terrein goed geken het.

“Hulle moes ook geweet het watter toerusting nodig sou wees om die bielie van ’n slot af te knip, want dis nie enige tang wat daardie slot sou knip nie.”

Met behulp van die bussie se opsporingstoestel kon die voertuig tot in Mthatha gevolg word voordat dit van die radar verdwyn het.

Die Burger, die PE Express se susterskoerant, het vroeër berig oor die Herbert Hurd-laerskool se ­Toyota-bus wat by die skool gesteel is. Dié bus is deur Stephen Marais, die voormalige polisiekaptein, net voor Mthatha raakgesien, en is sodoende teruggevind.

Die Laerskool Kabegapark het ook deurgeloop toe twee van hul skoolbussies onlangs by die skool gesteel is.

Janse van Rensburg waarsku dat opsigters en sekuriteitsbeamptes nie ’n alarm wat in die middel van die nag afgaan, moet ignoreer nie.

“Volg dit dadelik op. Hoe vroeër die polisie die gebied deursoek, hoe groter is die kans om ’n gesteelde voertuig terug te kry.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

2016-09-25 00:00

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.