Deel in Franse kultuurerfenis by musiekfees

2016-06-22 06:00
Die sewende Richmond Hill-musiekfees, wat in samewerking met die Alliance Francaise (AF) aangebied word, sal Saterdag plaasvind. Foto: ARGIEF

Die sewende Richmond Hill-musiekfees, wat in samewerking met die Alliance Francaise (AF) aangebied word, sal Saterdag plaasvind. Foto: ARGIEF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE komende naweek sal die strate van Richmond Hill in die Baai weer van musikante en musiekliefhebbers wemel.

Die sewende Richmond Hill-musiekfees word deur die Alliance Francaise (AF) aangebied om Frankryk se ryke kultuurerfenis met Suid-Afrika te deel.

Die AF is een van die wêreld se grootste Franse leersentrums en het meer as 1 000 organisasies in 134 lande wat sowat 350 000 mense bedien.

In Port Elizabeth is die AF in 1960 gestig om die Franse kultuur op verskeie maniere in die stad te bevorder. Die musiekfees is ook dan op die Fête de la musique, een van Frankryk se bekendste musiekfeeste, geskoei.

Dit bevorder nie nét Franse musiek nie, die fees is ook ’n platform vir plaaslike musikante. Vanjaar sal 30 plaaslike musikante binne loopafstand van mekaar op verskeie verhoë in die strate van Richmond Hill te sien wees.

Amateurs word ook aangemoedig om hul eie vertoning op enige van die sypaadjies vir verbygangers aan te bied.

Die hoogtepunt van die aand sal op die hoofverhoog in Raleighstraat wees wanneer twee internasionale kunstenaars, een uit Frankryk en een van Reunion-eiland, sal optree.

Buiten vir die musiek beloof die fees om ’n koskultuurervaring te wees met eksotiese, maar tog bekostigbare disse wat te koop aangebied word.

Indien die kos en musiek nie genoeg kultuur bied nie, kan die mediastudente van NMMU se perspektief oor die musiekfees besigtig word. Die studente sal elk hul unieke insig oor die fees in ’n reeks foto’s vasvang, wat ook te koop aangebied sal word.

Die fees begin Saterdag 10vm. Kaartjies is R20 en kinders onder 12 kry gratis toegang. – CARA-LEE DORFLING

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.