Dié Baaise ouma wil elke dier red

2017-05-17 06:01
My heel beste oomblik is wanneer ons daarin slaag om geregtigheid vir die stemloses te laat geskied, sê Beverley Rademeyer, inspekteur by die Baaise Bond teen die Wreedheid teenoor Diere (ACCL). Hier is sy en Sunshine, een van die honde wat onder die Bond se beskermende vlerk ingeneem is so ’n bietjie in gesprek met mekaar.Foto: WERNER HILLS

My heel beste oomblik is wanneer ons daarin slaag om geregtigheid vir die stemloses te laat geskied, sê Beverley Rademeyer, inspekteur by die Baaise Bond teen die Wreedheid teenoor Diere (ACCL). Hier is sy en Sunshine, een van die honde wat onder die Bond se beskermende vlerk ingeneem is so ’n bietjie in gesprek met mekaar.Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Op 53 het Beverley Rademeyer drie volwasse seuns, ’n dogter en drie kleinseuns, maar in hierdie ouma se hart is nog hope plek vir die Baai se vernielde, verwaarloosde en mishandelde diere.

Sy is al 17 jaar ’n inspekteur vir die Bond teen Wreedheid teenoor Diere (BWD) oftewel die Animal Anti-Cruelty League.

“My werk behels dat ek inspeksies op enige tipe perseel – van gegoede woonbuurte tot in die informele nedersettings – asook op plase, by sekerheidsmaatskappye, hondesalonne en troeteldierwinkels gaan doen,” som sy haar dagtaak op.

Die BWD is ’n organisasie sonder wins as oogwenk. Naas die Dierebeskermingsvereniging van Suid-Afrika is dit die grootste dierebeskermingsvereniging in die land. Dit word deur ’n gekose komitee bestuur.

Die organisasie se hoofkantoor is in Johannesburg en daar is verskeie kleiner takke in ander stede en dorpe in al die provinsies.

Die BWD is van skenkings deur die publiek afhanklik vir sy voortbestaan, want van die staat kry hy geen geld nie.

Rademeyer vertel dit is deur haar skoonsuster, Patsy Wagner (wat al 30 jaar vir dié instansie werk), dat sy by die BWD betrokke geraak het.

Die eerste redding

“Ek kan nog my eerste ondervinding – juis saam met Wagner – so goed onthou. Dit was naby Blouwaterbaai op die N2 waar ’n trok omgeslaan het en die beeste steeds in die wa vasgekeer was.

“Ek het nog nooit so baie beseerde diere op een slag gesien nie.”

Dit is vir haar byna onwerklik dat sy vroeër “net” ’n huisvrou en gemeenskapswerker was, want nou is haar lewe vol karakters uit alle vlakke van die samelewing.

Sommige van die stories is snaaks, ander hartverskeurend.

As dit moet, bring sy maklik van die vernielde diere – of dit nou ’n hond, ’n bok of ’n skilpad is – huis toe.

Die permanente “huishonde” – Tammy (16), Nana (12) en Rambo (10) – en die nege jaar oue Skye, ’n Siamese kat, het al geleer om dit te aanvaar, sê Rademeyer.


Hondehok-brand

Haar ergste ervaring was toe sy na Helenvale ontbied is om ’n hond te gaan help wat mediese bystand benodig het.

Daar aangekom het die eienaar verduidelik dat die kinders ’n vuur gemaak het wat handuit geruk het en dat die houthok waarin die hond en haar kleintjies was aan die brand geslaan het.

“Haar bek was die heel ergste verbrand soos sy probeer het om haar kleintjies uit die vlammehel te red. Toe ek haar verbrande bek sien, kon ek eenvoudig nie ophou huil nie.

“Ek het met haar na ons sentrum gejaag en daar het ons veearts, dr. Mirjam van der Wel, haar uit haar verskriklike pyn verlos.”

Op ’n ligter noot: Moes sy al snaakse dinge aanvang om diere te red?

“Sjoe, ja, al baie. Ek moes al teen pale uitklouter, oor heinings en mure klim, in bome klim, en ek was al selfs in dreine af om diere te red.”

Die woorde “kan nie” bestaan nie in haar woordeskat nie, want daar word altyd ’n plan gemaak om ’n dier te help, te red of – as dit nie anders kan nie – te verwyder.

“Ek probeer altyd dat die publiek verstaan dat dit nie ’n persoonlike optrede teen die eienaar is nie, maar wel ’n ingryping om die dier te beskerm.”

Hoewel sy altyd ag slaan op haar eie veiligheid in die uitvoering van haar pligte, erken sy dat die onverwagte altyd kan gebeur.

“Daar is so baie mense wat my bloed soek, maar gelukkig is daar ook lede van die publiek, die polisie, die brandweer, verkeersbeamptes en ander geregsdienaars en selfs lede van die honde-eenheid, wat my veiligheid op die hart dra en my al in geweldig moeilike omstandighede bygestaan het.”

Wet teen dieremishandeling

“Die meeste mense is onbewus van die wet (APA 71 van 1962) wat spesifiek op dieremishandeling betrekking het. Eienaars wat hul diere vasketting, oortree byvoorbeeld dié wet.

“Watter soort lewe bied jy aan jou troeteldier wanneer jy hom of haar vasgeketting of ingehok hou?

“Ons grootste stryd is met mense wat hul diere vasgeketting hou. So ’n dier sal, sodra hy kan, uit pure frustrasie losbreek, die strate invaar, ander diere of mense aanval, vreeslike beserings veroorsaak of selfs iemand of ’n ander dier doodbyt.

“Dit is ’n groot probleem dat mense diere aan die pale van houtstrukture vasketting. Die strukture kan maklik aan die brand slaan en die diere só ernstig beseer dat hulle eerder uitgesit moet word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/World
 

Fascinating facts about dogs

Think you know a lot about dogs? How many of these facts do you know?

 
 

Paws

Perfectly captured cat snapchats!
Fascinating facts about dogs
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.